HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 24
Stel jouself tot beskikking as 'n kanaal.
12/02/2008 om 14h00
Wag julle vir My, Elohim, om iets te doen? Wag julle vir My om eers neer te daal en myself te openbaar in een of ander gestalte, voordat julle sal glo? Kyk Ek, Elohim, gebruik die mens as instrument om deur te werk. Ek werk deur My en deur jou. As julle julleself nie beskikbaar stel aan My as kanale en werktuie nie, kan Ek nie op hierdie aarde iets doen nie. Die skrif sê dat Ek in menslike tempels woon. Ek woon in julle as julle My aangeneem het. Slegs diegene wat in My, die Messias is, is My broers. As julle nie in My is nie, is julle slegs 'n kennis. Kyk, die Skrif sê: “Maar almal wat My aangeneem het, aan hulle het Ek mag gegee om kinders van My te word, aan hulle wat in My Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit My, Elohim, gebore is. En die Woord het vlees geword en het onder julle gewoon – en julle het My heerlikheid aanskou 'n heerlikheid soos van die eniggeborene wat van My julle Vader kom, vol van genade en waarheid.” Deur My Jahshua Messias, ontvang julle die mag om in My familie opgeneem te word.
Voorwaar Ek, Elohim, is julle Hemelse Vader. As julle aangeneem is in My familie, deurdat julle My as julle persoonlike Verlosser aangeneem het, is Ek julle Vader en julle is My kinders. Dit sê Ek vir julle, is die enigste manier om 'n lid van My familie te word.
Kom, en neem My aan as jou persoonlike verlosser.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205