HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 25
Die tempel van God.
12/02/2008 om 16h00
“Weet julle nie dat julle 'n tempel van My, Elohim is en My Gees in julle woon nie?” Ja, sommige van julle vra; “Wat is sonde en wat is nie sonde nie? Wat mag julle doen en wat mag julle nie doen nie? Al wat julle moet doen, is om te besef dat Ek in julle woon. As Ek, Jahshua, na jou toe sou kom met My tas in My hand, aan jou deur klop en sê: Ek kom 'n week by jou bly,” wat sou jy doen? Ja, julle sou begin om die huis skoon te maak en goed reg te pak, julle sou julle bottels en julle kaarte en selfs die asbakkies wegsit, sodat dit nie gesien kan word nie. Ja, julle sal 'n goeie indruk op My wil maak, nie waar nie? As julle vriende en bure besoek aflê, sal julle hulle by die deur ontmoet en waarsku om versigtig te wees wat hulle sê, want Ek is daar. Hoekom? Omdat julle eerbied het vir My teenwoordigheid. Nee, hoe kan julle nog verdowingsmiddels gebruik? Hoe kan julle nog sterk drank drink? Hoe kan julle nog nikotien gebruik? Daardie dinge beroof julle liggaam van My krag. Ek, Elohim, is IN JULLE nie buite julle nie.
Die inwoning van die HEILIGE GEES moet vir julle 'n werklikheid wees en word. As julle besef dat Ek, Elohim, in julle is, deur die krag en die teenwoordigheid van die Heilige Gees, sal dit julle help om die smal weg te bewandel. Julle sal vind dat dit maklik is om 'n gelowige te wees. Dit is maklik om dinge te doen wat reg is, as julle dit wil doen. Ja, Ek spreek hierdie woorde vandag deur My skryfkneg, en Ek is nie 'n leuenaar nie: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want My juk is sag en My las is lig.” As julle 'n swaar las dra, raak ontslae daarvan en gee dit aan vir My. Kyk, daar staan geskrywe: “As iemand My tempel skend, sal Ek hom skend; want My tempel is heilig, en dit is julle.” As julle sê dat julle vervul is met die Heilige Gees en julle nog al daardie onheilige dinge doen, dan moet julle julleself regruk.
Julle mag wat julle doen vir julle vader en moeder verberg, maar julle kan dit nie vir My wegsteek nie. Ja, as die byl val, moet julle nie roep: “O Vader, wees ons genadig nie!” Julle liggaam is die tempel. Dit behoort 'n Heilige plek te wees. Dit behoort rein te wees. Verheerlik My, Elohim, dan in julle liggaam en in julle!” EK IS IN JULLE! Voordat julle dit nie besef en op My, die Groter Een begin steun nie, sal julle nie 'n kanaal van seën kan wees nie.
Ja, Ek vra weer: “Kom, en steun op My!”
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205