HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 26
Die waarheid van My, Elohim, se woord sal jou vrymaak.
13/02/2008 om 00h05
“Ek sal jou nooit begewe of jou nooit verlaat nie.” Ek is in julle.” Ek sal julle die Heilige Gees gee en Hy sal vir altyd by julle bly.” Ek sal die krag voorsien wat julle nodig het om julle in staat te stel om elke hindernis en elke versoeking te oorwin. Al wat julle moet doen, is om in die geloof uit te reik na My en My te ontvang. As julle in My Woord bly, is julle waarlik My dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Sien julle, dit is die waarheid van My Woord wat julle vrymaak. WAARLIK VRY! Baie van julle is vandag in boeie. Julle het allerhande probleme en julle weet nie waarheen om te gaan nie: Julle probeer julle kalm voordoen en julle sal daar sit met 'n glimlag, maar binne – in julle is dit 'n siedende vulkaan.
Julle kan vry wees!
Ek is die gawe van saligmaking, maar die Heilige Gees is ook 'n gawe. Hy is 'n gawe van krag. Julle het albei nodig en dan het julle krag nodig om daardie lewe van saligheid in die krag van My Gees te lewe en nie met die krag van julle eie verstand nie. Kyk Ek, Jahshua, het gesê: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!” Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: “Strome van lewende water sal uit Sy binneste vloei.”
Ja, die wat dors het, kom na My toe en drink.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205