HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 6
24 Januarie 2008 om 01h00
Voordat julle nie bewus is van My teenwoordigheid in julle lewe nie, sal julle nie in staat wees om ‘n sterk geloof te beoefen nie en sal julle geloof nooit sterk word nie. Julle sal altyd die slagoffers van omstandighede wees. Gans te veel gelowiges is die slagoffers van omstandighede. Hulle word platgeslaan deur die golwe van beproewing; hulle word omgewaai deur winde van teëspoed; hulle word oorweldig deur Satan en sy skare dienare omdat hulle nie weet hoe om op te styg met die arendsvlerke van sterk geloof nie. Ja, julle verkeer in die laagte van die vallei onder die bome met julle swak geloof, omdat julle nie die realiteit van My Woord leer ken het nie.
Daar mag van julle wees wat hierdie boodskap lees en slawe is van sekere dinge. Miskien is jy ‘n slaaf van nikotien, verdowingsmiddels, alkohol of wat ook al. Jy mag jouself bedrieg en sê: “O, ek kan dit enige tyd laat staan as ek wil.” As jy sterk drank nie kan laat staan nie, heers dit oor jou en jy is dan gebonde. Jy is net so verslaaf daaraan as wat ‘n gewoontegebruiker van verdowingsmiddels verslaaf is daaraan. Sommige van julle word geknel deur bande van vrees, jy is bang vir hoogtes, bang vir donker strate of ‘n donker huis. Te veel mense is gebonde. Maar Ek, die Messias, het gesê: “Bly in My Woord, leer ken die waarheid daarvan dat daar lewe in My Woord is.” As julle My Woord bewaar, het Ek bedoel dat julle My Woord gedurigdeur moet bewaar. As julle in My Woord bly, sal julle die waarheid ken, en as julle die waarheid ken, sal julle vrygemaak word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205