HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 7
24 Januarie 2008 om 19h25
Kyk, “EK IS WAT EK IS.” As julle My Woord bewaar, sal julle weet dat Ek nie wil hê dat julle in armoede moet leef nie. As jy gedink het dat die mens jou ondergekry het, dat die mens jou probeer verarm het, moet jy weet dat dit die hele tyd die werk van Satan was. Satan het sy werke verberg, sodat jy moes dink dat dit die man oorkant die straat was wat jou probeer onderdruk het. Ja, die Satan wil hê jy moet dink dat die ander man jou vyand is en nie hy nie. Hy doen sy werke in die duisternis en dan skuil hy agter die valse indruk wat hy geskep het en probeer jou daarmee bedrieg. Satan is die een wat wil hê dat jy arm moet wees, maar Ek, Elohim, wil hê dat jy ryk moet wees. Om ryk te wees beteken dat daar oorvloediglik in al jou behoeftes voorsien is. Julle moet besef dat alles wat aan My, julle Vader, behoort, aan My kinders ook behoort. Maar as julle nie ondervind het dat My Woord ‘n lewende werklikheid is nie, dan sal julle, gebind deur armoede, deur die lewe gaan.
As julle die Skrif lees, sal julle vind dat My, Elohim se mense, die rykste was. Die Skrif sê dat Ek was, Ek nog steeds is en Ek altyd sal wees. My lig skyn oor My kinders. Kyk, Ek is nie daarteen gekant dat julle iets besit nie, Ek is gekant daarteen dat julle deur julle besittings besit word. Daar is ‘n groot verskil, My kinders. Ek wil nie hê dat julle daardie dinge eerste moet soek nie. Ek wil hê dat julle My eers moet soek en dan sal Ek julle al daardie dinge gee. Let daarop dat die Skrif nie sê dat dit van julle weggeneem sal word nie; maar dat dit bygevoeg sal word. Soek eers My koninkryk. Ek herhaal weer: “As julle My Woord bewaar, sal julle die waarheid ken.”
Julle het die rykdom van die hemel agter julle, omdat Ek, Elohim, agter julle is, maar julle sal dit nie weet voordat julle nie ondervind het dat My Woord waar is nie.
Ek sal vir elkeen sorg wat My daarom vra. Wees net lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205