Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

AANDAG OP DIE WÊRELDGEBEURE
B.D.6346 - 3 September 1955
U mense laat die wêreldgebeure veel meer indruk op u maak as wat vir u goed is, want al u denke, u verwagtinge en begeertes is daarop gerig en u vind geen tyd vir ure van rustige besinning nie, wat u self moet aanpak, sodat u aandag kan skenk aan die verloop van u eie ontwikkeling. Alles sal vir elke afsonderlike mens tot tevredenheid opgelos word, as hy sy eie vorming op die voorgrond sou wil stel en oortuigend sou wil glo dat die wêreldgebeure ook Self deur My gestuur word - maar steeds in ooreenstemming met die wil van die mense en hulle geestelike gesteldheid.
Wat u mense as die vernaamste beskou, is steeds net die gevolg van u geestelike onverskilligheid - dit is die gevolg van die lae geestelike vlak van die mense. Want hierdie onverskilligheid bepaal dat die menslike wil liefdeloos optree teen die mensdom, soos wat dit egter ook die grondslag lê vir duidelike onheil en dus ook verontrustende wêreldgebeure, waardeur die mensdom wakker geskud moet word en aangespoor moet word om te streef na bo.
As die mense maar `n bietjie meer op hulle geestelike welsyn bedag sou wees, dan sou ook aards alles weer geordend word, die mense moet hulleself nie so laat verontrus deur die handeling van `n enkeling nie, want hulle sou dan alles aan My kon voorlê en `n verandering aan My oorlaat. En dit sou werklik nie nadelig vir hulle gewees het nie, hulle sou ook aards weer in rustige vaarwater gelei word en tog die doel bereik.
En so sal u mense nog op baie onheil kan reken wat die aarde te wagte staan, deels veroorsaak deur die menslike wil, deels deur My Self aan u toebedeel, om die rigting van u gedagtes te verander, om u met geweld aan u einde te herinner, wanneer u sal sien dat die lewens van baie mense in gevaar is of uitgewis word - wanneer u sal moet ervaar hoe magteloos u self is, wanneer u uself nie tot die Ewige Een wend Wie alleen magtig is nie, maar Wie deur u vergeet word of Wie wil u nie wil erken nie, anders sou u wel die vervulling van Sy Wil tot harte geneem het en dan ook Sy beskerming geniet het in elke nood en elke gevaar, selfs wanneer dit vir u van menslike kant te wagte is.
Leef u met My en dan skenk u aan die wêreldgebeure weinig aandag, omdat u uself en u lotgevalle aan My toevertrou, omdat u My ook vertrou dat Ek u sal help. Skakel u My egter uit u gedagtes uit, dan let u slegs op dit wat My teenstander aanrig, dan hou My teenstander u self deur die gebeurtenisse, wat sy werk is, in betowering, en u belang midde in die draaikolk wat u na onder trek.
Wat daar ookal in die wêreld gebeur, My Wil en My Mag kan dit verban en My Wil en My Mag kan ook die uitwerking van al die bose afwend van u wat by My skuil, wat u toevlug tot My neem, wat uself by My aanbeveel en in My u Vader sien.
U hoef die wêreld waarlik nie te vrees nie, wanneer u u blik op My sal rig, wanneer u die aardse ryk gering ag, maar ywerig streef na die geestelike ryk. Niks hoef vir u vrees aan te jaag nie, en al woed die hel ook om u, Ek sal u deur alle gevare lei, sodra u met u wil, u liefde en u strewe met My in verbinding sal staan, sodra u blik geestelik gerig is. Daar sal vir u op generlei wyse `n gevaar dreig nie, want daar kan met u niks gebeur nie, behalwe wat dienstig is vir u voltooiing. Streef na u geestelike voltooiing, dan sal u ook geen wêreldse gebeurtenisse of verontrustende voorvalle meer vrees nie, want u sal u veilig verborge voel onder My beskerming.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205