Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE LAE GEESTESTOESTAND VAN DIE MENSE VEREIS `N EINDE
B.D.8427 - 3 Maart 1963
Wie eenmaal deurdring is in geestelike kennis, kan homself ook `n oordeel veroorloof oor die geestestoestand van die mensdom, en hy sal insien dat daar ook geen geestelike vooruitgang op hierdie aarde meer kan wees nie. Hy sal kan nagaan dat die gebooie van die liefde tot God en die naaste slegs nog heel selde in ag geneem word en dat die verontagsaming van hierdie gebooie voortdurend groter duisternis tot gevolg het. Hy sal ook weet dat die vrye wil van die mense self deurslaggewend is en dat ook dit misbruik word, omdat hulle hulleself in toenemende mate na die teenstander van God wend en dat hy daarom ook die mense in sy diens mag kry.
Wel sou daar redding kon bestaan het, as die mense maar bereid was om God se Woord aan te neem, wat HY Self na die aarde toe stuur en dat dit ook waarlik die krag het om `n verandering van die menslike denke te bewerkstellig. Maar juis hierdie bereidheid ontbreek en so gaan die mensdom onherroeplik die einde tegemoet, sodat daar aan die toestand van materiële gerigtheid `n einde gemaak sal word en `n nuwe verlossingsperiode ingelei sal word, wat die eindelose val terug in die diepte sal teenhou, en dat die wesens wat as mens gefaal het, weer opgeneem sal word in die terugvoeringsproses, volgens die goddelike Wil.
Vir hom wat deurdring is in geestelike kennis, is al die gebeure ook begryplik, hy weet dat `n tydperk van verlossing ten einde loop en dat daar `n nuwe tydperk gaan begin, omdat hy op die hoogte is van die oorsaak van die toestand van die materiële gerigtheid van die mense en ook dat God se Liefde steeds weer nuwe moontlikhede skep om die wesens, wat eenmaal uit Hom voorgekom het, na hulle doelwit te voer. En slegs deur sulke mense wat met geestelike kennis deurdring is, kan `n bietjie hulp aangebied word, deurdat hulle ook die medemense in kennis sal stel van hulle kennis - maar ook nou weer moet die vrye wil bereid wees om sulke kennis aan te neem. En die wil van die mense is uitermate verswak.
Weliswaar kan die mens homself altyd in die toestand van krag plaas om ook `n sterker wil te verkry, maar daarvoor is dit nodig dat hy self in die liefde leef en die weg inslaan na Jesus Christus, wat deur Sy kruisdood onmeetlike barmhartigheid verwerf het, dus ook versterking van die wil. Werke van liefde sal die mens steeds krag gee en een roep tot Jesus sal versterking van die wil gee, want dan is die wil ook al nie meer heeltemal van God afgewend nie, want wie in die liefde werksaam is, bring ook die band met God, as die ewige Liefde, tot stand. En wie Jesus Christus aanroep, erken Hom as Verlosser van die wêreld en bygevolg ook God Self, Wie in Jesus Christus mens geword het.
U almal sal dus aan die toestand van swakte kan ontsnap, u is nie in u kragteloosheid aan uself oorgelaat nie, veeleer het u altyd die krag tot u beskikking, wanneer u maar daarna verlang. En u sal steeds daaroor ingelig word van die kant van hulle wat die kennis besit, maar solank u hart en ore afgesluit sal bly, sal die woorde sonder effek by u verbygaan en sal u in u swakheid en duisternis bly en kom u die doel van u lewe nie na nie. Dwang word egter nie van die kant van God op u uitgeoefen nie, u wil is volledig vry gelaat oor hoe u die onderrigting van u medemense sal opneem, maar dit word vir u aangebied, sodat u ook self hierdie besluit sal kan neem.
Wanneer u eie wil homself egter daarteen sal verset en u nie die weg uit die toestand van duisternis kan vind nie, sal u in `n netwerk van leuens en dwaling verstrik word, dat u dan self nie meer die krake sal kan lap nie, omdat dit u gebonde sal hou en u deur die teenstander van God self, omvergewerp sal word. En dan bly daar nog maar die een moontlikheid oor: Om die mag van die teenstander te breek, dit wil sê, hom die moontlikheid ontneem om die mense op die aarde in die noute te bring, wat `n uitmekaarval van die aarde met al haar skeppings, asook van alle lewende wesens, ingesluit die mens, beteken - vir u mense, dus `n einde, met die kluistering in die harde materie wat daarop sal volg, en `n omvorming van al die materiële skeppings ten behoewe van die opneming van die nog gebonde geestelike wat hulleself nog eweneens positief moet ontwikkel op hierdie aarde.
`n Geestelike ommekeer op hierdie aarde is nie moontlik nie, omdat die mense nie die wil daartoe het nie. Maar wat daaropvolgend sal kom, sal ook `n geestelike ommekeer sigbaar maak, want na die ondergang van die ou aarde, sal daar `n nuwe aarde ontstaan met onvergelykbaar mooi skeppings, met geestelike ryp mense, wat hulle geloofs- en wilsbeproewing op hierdie aarde deurstaan het en as stam van die nuwe mensegeslag op die nuwe aarde geplaas sal word. Want hulle sal `n gees hê wat opgewek sal wees, hulle sal op hoogte wees van die Liefde van God en Sy bestuur en werksaamhede in die heelal en hulle sal ook weet dat alle skeppings maar net daartoe dien om al die eenmaal gevalle geeste heeltemal ryp te laat word, hulle sal weet dat die goddelike ordening in ag geneem moet word en dat alles wat uit die goddelike ordening tree, eindelose tye nodig sal hê om eenmaal weer die doel te bereik, naamlik om hulleself binne die wet van die ewige ordening aan te pas en `n lewe van onbaatsugtige liefde te ly.
En aan die einde van een tydperk op aarde sal die liefde onder die mense volledig verkoel wees, dus sal daar dan ook die diepste duisternis op aarde wees, want slegs die liefde is die lig wat kan dring deur die duisternis. En slegs die wat in die liefde leef, sal ook in geestelike kennis kan deurdring, hulle sal die lig self in hulle laat ontbrand en vir hulle sal alle verskrikkinge van die duisternis verby wees. En die helder lig sal die nuwe aarde verlig en alle mense sal in die lig wandel, want hulle sal in die liefde lewe en hulle gaan saam met God, Wie Self die Liefde en die Lig van ewigheid is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205