Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE LEUENGEES EN SY WERKTUIE
B.D.2231 - 8 Februarie 1942
Die leuengees beheers die wêreld en wie die wêreld en haar dinge begeer, is `n prooi van hierdie leuengees. Want slegs daar kan hy homself handhaaf, alleen daar sal hy as Heer erken word deurdat hy aanvaar word en na geluister word.
Die Gees van Waarheid daarenteen sal maar net veld wen onder die mense wat sal probeer om hulself van die wêreld en haar dinge los te maak, wie geen enkele verlange daarna sal hê nie, maar hulleself sal besighou met goddelike sake en hulle denke daarop rig, wat dink aan hulle eintlike bestemming en positief staan teenoor `n geestelike lewe. Daar is die leuengees die toegang ontsê. Want aan hierdie mense verleen God Self Sy beskerming en Hy onttrek hulle vanuit die mag van diegene wat die leuen in die wêreld bring.
Die mense wat die wêreld toegedaan is, beken daardeur dat hulle aan hom behoort wat sy mag in die wêreld het, want hulle begeer nog hulle aandeel daaraan, naamlik die onverloste materie wat nog baie van die bose geestelike bevat. En daar waar hy die wêreld heeltemal vir homself wil wen, gebruik hy elke geleentheid om die sug na materie in die mense te vergroot, om dit vir hulle as begerenswaardig voor te stel. Daarmee bedien hy homself van die leuen, want die waarheid sou die mense opheldering gegee het en hulle verlange na aardse goedere laat verloor.
En so probeer hy elke waarheid met die leuen te vermeng, hy probeer om die mense in `n verkeerde denke binne te ly, hy probeer om hulle gees te vertroebel, dit wil sê, hulle te verstrik in die aardse hartstogte en begeertes, sodat die gees in hulle met die digste omhulsels omgeef word, en die siel geen enkele opheldering kan kry nie. En al die goddelike probeer hy om ondertoe te trek, al die edele te verstik, die waarheid te vertroebel, die liefde uit te roei, haat en onvrede te saai en die mense geleidelik so te vorm dat hulle soos hy gaan lyk, dat hulle al die eienskappe aanneem wat die bose kenmerk.
Die liefde tot die waarheid is maar by heel weinig mense aanwesig en hulle is die wat deur die wêreld verag word. Maar hulle doel is God, wat die Waarheid is en hulle probeer geestelike dinge te verkry wat vir ewig duursaam is. En dus styg hulle bo die wêreld uit en die vors van die leuen het geen invloed meer op hulle nie.
En tog wil hy hulle nog in die noute bring en daarom vereenselwig hy homself met hulle wat ook uiterlik na die waarheid streef, dit wil sê, wat die skyn wek dat hy die waarheid soek, maar innerlik is hy die vors van die leuen toegedaan - wat homself en sy lewe liefhet en poog om dit vir homself so aangenaam moontlik te maak, wat midde in die wêreld staan en tog probeer om die verbinding met haar te verloën, wat sonder `n innerlike drang om homself van die wêreld af te keer, vir sy medemense `n onselfsugtige lewe voorspel en dus die leuen toegedaan is.
Hulle word deur die teenstander gebruik as sy werktuie, deurdat hy hulle laat spreek onder die dekmantel van die waarheid, soos wat die vors van die leuen dit wil. En so vermeng die leuen met die waarheid en die mensdom neem alles aan wat aan hulle as waarheid gesê word en wat tog die grootste onwaarheid is, want hulle het geen insig nie, omdat hulle die waarheid nie begeer nie, en die onwaarheid beantwoord meer aan hulle aardse verlange en daarom word dit sonder enige beswaar aangeneem.
Maar die Gees van Waarheid sal deurbreek, sodra die mense hulleself vrywillig van die materie afkeer, sodra hulle geestelike dinge sal begeer en hulself op God rig. En Hy sal die leuengees oorwin, want wie die waarheid insien, sal haar verdedig en probeer om haar uit te brei, en die onwaarheid sal verdring word en daarmee word hy (Satan) oorwin deur wie die leuen in die wêreld gekom het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205