Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE MISBRUIKE VAN GODDELIKE GAWES (TALENTE)
B.D.8660 31 Oktober 1963
Moenie glo dat u My ordening van ewigheid af, ongestraf sal kan omverwerp nie, moenie glo dat daar vir u `n seën sal voortvloei deur te doen wat teen My wetlike ordening ingaan nie. En dit sal steeds die geval wees, wanneer u die gawes misbruik wat u as mens ontvang het, wat u funksies in werking sit, wat u wil aanleiding gee om werksaam te wees.
Die mens is vernuftig geaard, hy is `n skeppingswerk wat My liefde, Wysheid en Mag toon, al sy funksies is sinvol en kon alleen maar deur `n Skepper uitgedink word, Wie se Wysheid onoortreflik is - dit is alleen so dat die liggaamlike geaardhede verskillend is, dat alle mense nie oor dieselfde kapasiteite beskik nie en ook die wil wat hulle benut, swakker of sterker is. Dus is die mense verskillend van aanleg in hulle “kan” en “wil”, hulle word ook nie ewe sterk deur My Krag deurstroom nie, omdat dit ook van die wil van die mens afhanklik is of hy vir My Krag vra, wat hom altyd ter beskikking staan, of dat hy alleen maar sy (eie) lewenskrag gebruik wat hom natuurlikerwyse ook swakker of sterker toestroom. Dus kan een mens wat liggaamlik heeltemal gesond is, oor meer lewenskrag beskik as `n mens wat `n verswakte liggaam het; maar laasgenoemde kan weer deur regstreeks om My Krag te vra, sy eie krag merkbaar vergroot en daarom ook prestasies volbring wat die van sy medemens oortref.
En so het die mens ook talente gekry om homself ook op verskillende maniere te openbaar. Al hierdie talente is gawes van My kant af, barmhartigheidsgawes, wat die mens in die aardse lewe korrek moet gebruik, deurdat hy weer sy medemens volgens sy kragte van diens moet wees, want alle talente sal saam wil ontwikkel en daardeur tot seën of tot vreugde werksaam wees, met voorbehoud dat die mens steeds in die goddelike ordening verkeer. Maar al die goddelike kan ook deur die inwerking van My teenstander vervorm word. Want wat hy kan doen om die goddelike ordening omver te werp, sal hy nie onbeproef laat nie. Hoe meer die mens nou van hom afhanklik raak, hoe meer sal die teenstander die geloof aan `n God by hom in die grond kan boor, sal hy hom ook kan beïnvloed om die vermoëns wat in hom aanwesig is, die talente, verkeerd te ontwikkel.
Hy sal hom die gevoel, die ontvanklikheid, ontneem vir al wat in ooreenstemming met die goddelike ordening is, hy sal die "natuurlike harmonie" wil vernietig. Hy (die mens) sal altyd so dink, wil en optree dat dit teen hierdie ordening, hierdie harmonie, sal indruis. Die denke en gevoel van die mens word dan in die war gebring deur die invloed van die teenstander. En daar ontstaan dan verwronge beelde, karikature, dit maak nie saak op watter gebied die mens besig is nie.
Die mense sal verkeerd dink en hulle gedagtes neerskryf, sodat daar geskrifte sal ontstaan wat nie tot seën van die medemens is nie, hulle sal totaal verkeerde gevolgtrekkings postuleer (veronderstel) wat die leser, wat nog in die goddelike ordening verkeer, geen voldoening kan gee nie. En slegs die aanhangers van die teenstander sal dit staaf en aanneem. Tog sal hulle siele niks daarby wen nie, inteendeel sal hulle dit wat hulle nog besit, verloor.
En so sal die mees verskillende talente misbruik word op aandrang van die teenstander. Wat hulle nou in die lewe roep, sal steeds verwronge beelde wees van dit wat Ek die aan die mense gegee het om hulle gelukkig te maak. Hande, oë en ore word in hulle funksies misbruik, die uitwerking daarvan sal disharmonies en vervorm wees, want hulle word gelei deur hom wat teen die goddelike ordening is, teen die volmaakte is en wat die mense ook tot hulle werksaamhede aanspoor om hulleself teen My te draai, deurdat hulle werke tot stand bring wat alles bewys, behalwe (dat dit voortkom uit) goddelike gawes wat die mens ontvang het, wat veelmeer hulle oorsprong het in `n gebied waarin alles buite die ordening getree het.
En dat hierdie voortbrengsels van sataniese werksaamheid ook weer hulle instemming vind, dui die geestestoestand van die mense aan, want hulle is nie van nature so geskape nie en dit ontbreek dat hulle om iets korrek te beoordeel, veeleer verwar hulle ongelowigheid hulle sinne, hulle kan nie helder dink nie, selfs wanneer hulle verstand, aards gesien, skerp is, maar hulle geestelike blindheid kom in hulle foutiewe oordeel tot uitdrukking, hulle het nie meer die vermoë om harmonie en disharmonie te onderskei nie en steeds meer mense, met dieselfde geestelike gesindheid, sluit hulleself by hulle en hulle oordeel aan.
En hierdie misvorming van kreatiewe voortbrengsels is maar net `n teken van die groot geestelike verwarring, `n teken van die openlike werksaamheid van My teenstander en daardeur ook `n teken van die nabye einde, want `n rypwording van die siel is nie meer gewaarborg nie, omdat sy haarself spoedig nie meer in die goddelike ordening sal bevind nie. Al My skeppings getuig van Wysheid, Liefde en Almag en Hulle moet ook te sien wees in die menslike skepsels en werksaam wees, alles moet harmonie uitstraal en die mens se siel wat op My gerig is, weldadig wees. Wie egter deur sy verkeerde instelling teenoor My, nog van My verwyderd is, deur ongeloof of `n lewe in dwaling, mis ook die gevoel vir welke harmonie dan ook, omdat sy siel nog behoort aan hom wat My teenstander is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205