Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VERSKILLENDE GELOOFSRIGTINGS. - SKYNGODSDIENS
B.D.8686 - 27 November 1963
Die is net soos ten tye van die koms van Jesus op die aarde. Die mense dink nog net so verward, hulle staan dieselfde dwaallere voor, hulle glo om die enigste waarheid te besit en bevind hulleself tog in die middel van onwaarheid. Hulle plaas hulleself, net soos toe, in niksseggende geloofsrigtings en tog wyk hulle almal van mekaar af, elke rigting kom op vir sy eie opvattinge en elke geloof maak aanspraak op die waarheid van sy lering. En die aantal geestesrigtinge het aansienlik toegeneem, dat daar nie slegs `n paar teenoor mekaar staan nie, inteendeel het die velerlei menings tot velerlei geloofsgemeentes gelei, wat alle aanhangers probeer wen en fanatiek vashou aan die geestelike opvattinge wat hulle voorstaan.
En dit is so nodig dat die waarheid na die mense gebring word, dat hulle eenmaal te wete kan kom wat God van die mense verlang. Dit is nodig dat die Wil van God aan hulle bekend gemaak word, dat hulle Sy leer kan insien en wat die vervulling van Sy Wil en die doel van die aardse lewe is. Elke kerk of geloofsrigting leer dat die Wil van God deur hulle verkondig word, en tog stem die verskillende geloofsrigtinge nie met mekaar ooreen nie. Ten tye van die koms van Jesus op aarde, net soos nou, het die mense behae geskep in die uitoefening van velerlei gebruike, daar was fanatieke godsdiens bedryf, waaraan al die lewende (egter) ontbreek het, sodat die mense geen innige kontak met hulle God en Skepper tot stand kon bring nie.
En tans is dieselfde op te merk: `n formele godsdiens waar met alle gewoontes en gebruike rekening gehou moet word, wat vir die wêreld die band met God demonstreer, sodat die hart van die enkeling ver verwyderd is van hierdie innige band met Hom. Dit is alles skyn en bedrog, en daar is geen waaragtigheid meer in die lewenswandel van die mense nie. Hulle behoort nog maar net aan die aardse wêreld en selfs wanneer hulle die skyn wil wek dat hulle met God verbind is, is dit dooie vorme wat hulle in ag neem, maar hulle siele bly onaangeraak. En teen hierdie skyngodsdiens sal u moet stry, u wat die waarheid van God ontvang, en daaraan dink dat ook Jesus Homself tydens Sy lewe op aarde nie ingehou het vir diegene wat die dwaalleringe voorgestaan het en probeer het om hulle skyngodsdiens te regverdig as "die alleen aan God welgevallige" nie, en wat alles verdoem het wat in stryd was met hulle leerstellings.
En die mense sal hulle geestelike opvattinge, wat hulle van die mense oorgeneem het, nou ook nie wil opgee nie en hulle sal daarom steeds in dwaling verkeer, omdat hulle weier om die suiwere waarheid aan te neem, wat hulle slegs van bo - deur die ewige Waarheid –geskenk kan word. Maar om so `n barmhartigheidsgeskenk aan te neem, vereis die vrye wil. Die waarheid kan nie onder dwang aan die mense gestuur word, wat nie bereid is om haar aan te neem nie. En daarom is dit moeilik om die dwaalleringe uit te roei, selfs wanneer die verkeerdheid daarvan aan hulle met redes omklee en reggestel word. Daar sal maar steeds weinig wees wat oopstaan vir dit wat God Self na die mense toe stuur, omdat hulle so `n openlike werksaamheid van God nie wil aanvaar nie, omdat hulle heeltemal niks daaroor wil weet nie dat God Sy Gees uitstort oor diegene wat homself bereidwillig vir Hom oopstel om die suiwere waarheid uit God te ontvang.
Voor die koms van Jesus op aarde, voor Sy kruisdood, was die uitstorting van die Gees in `n mens nie moontlik nie en daarom het die wêreld haarself in die grootste dwaling bevind. Na Sy kruisdood egter, kon die Waarheid by die mense inkom en sodoende was dit moontlik dat die mense algehele opheldering gegee kon word oor: Of en wanneer hulle denke verkeerd was, hulle kon deur die Gees onderrig word en hulle van elke dwaling ontdoen. Tog was die mense nie gedwing nie en daarom het die dwaling steeds weer binnegesluip, wat as Waarheid verdedig was en oorgelewer was met `n hardnekkigheid wat dit moeilik maak om die mense van hulle foutiewe denkbeelde te oortuig en hulle hulleself daarom ook steeds sal verset om die suiwere Waarheid uit God aan te neem en die dwaling op te gee.
En tog moet daar terwille van die Waarheid self, alles probeer word om die mense in hulle opvattinge te laat wankel, daar moet gepoog word om hulle tot nadenke te bring, daar moet alles gedoen word om hulle die suiwere Waarheid te laat toekom, want hulle kan maar net die einddoel bereik op die weg van die Waarheid. Solank hulle nog verkeerd dink, sal hulle in die ryk hierna die geluksaligheid, wat steeds net deur `n helder lig gewaarborg kan word, nie deelagtig word nie. Slegs die Waarheid skenk lig, daarom bring slegs die Waarheid die geluksaligheid, omdat ontelbare wesens weer daarmee gelukkig gemaak kan word en die geluksaligheid in die geestelike ryk in die deurstuur van lig bestaan.
Daarom kan u mense nie in `n verkeerde denke beland nie, daarom word die Waarheid steeds weer vir u aangebied, daarom word alles van die kant van God gedoen sodat u denke korrek gerig is, maar u moet self die wil hê om in die Waarheid te wandel. Want in die geestelike ryk is dit nog belangriker dat u in die Waarheid wandel as op aarde, want daar sal u nie sonder Waarheid salig kan wees nie. En wanneer u al op aarde geen aandag geskenk het aan u duistere toestand nie, sal dit u in die geestelike kwel, omdat slegs lig alleen geluksaligheid is en lig steeds maar net van die Waarheid uitstraal, van God Self, Wie die Oerlig van ewigheid is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205