Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

`N HERNIEUDE VERWYSING NA DIE EINDE
B.D.8876 - 29 Oktober 1964
Hoe dikwels was u al gewys op die nabye einde, hoe gereeld al word u aangespoor om nie onverskillig deur u aardse lewe te gaan nie en ywerig arbeid aan u siel te verrig, maar u doen niks om die vreeslike lot van `n hernieude kluistering (in die materie), te ontgaan nie. U glo nie in hierdie aanwysings nie, totdat dit u dan met geweld sal oorval en u dan nie meer in staat sal wees om u denke en wil te verander nie. Want die tyd wat Ek daarvoor vasgestel het, word bewaar en die laaste dag sal kom soos `n dief in die nag.
Tog sal u nog voor dit flink uit die slaap wakker geskud word. Want elke groot gebeurtenis werp sy skaduwee vooruit. En ook dit sal vir u onbegryplik voorkom, want die elemente van die natuur sal hulleself op so`n geweldige manier uiter, dat baie mense weggeruk sal word en daar `n groot weeklaag sal opstyg. En tog sal hierdie natuurgebeure slegs tot gevolg hê dat die mense minder as ooit die werksaamhede van `n hoogste Mag sal aanvaar, dat hulle twyfel aan hierdie Mag groter sal word, omdat `n God van Liefde nie daarin herken kan word nie, terwyl ontelbare mense hulle lewe moet gee.
Maar hoe moet Ek u `n teken gee van My Mag en Krag? U wat nie by magte is om te glo aan hierdie Mag aan waaraan u tog almal oorgelewer is nie.
Spreek Ek u aan met `n sagte stem, dan hoor u My nie, want u sluit u ore en oë en kan die sagte lig nie sien wat na u toe straal nie. En waar u geen ag slaan op My sagte aanspreek nie, moet Ek harder tot u spreek, so hard dat niemand hierdie Stem meer kan ontken nie. Maar vir uself sal u alle uitvlugte versin om maar nie toe te gee dat u deur God aangespreek word tot u eie heil nie. Dog, diegene wat hierdie waarskuwende stem herken, wat My Self sien in die woede van die natuurelemente en hulle toevlug na My toe sal neem, sal ook gered word, want al verloor hulle ook die liggaamlike lewe, gaan hulle tog met `n besef van `n God oor in die ewigheid in en daar kan hulle weg omhoog voortgesit word. Maar nie lank na hierdie ingrype nie, sal die einde kom, al klink dit vir u nog so onwaarskynlik.
Die einde is voorsien as die einde sedert ewigheid en niks kan My beweeg om daarvan af te sien nie, want Ek dink daarby nie net aan die mens wat in sy laaste wilsproef faal nie, maar alle skeppings lê My na aan die hart, wat in hulle ontwikkeling nog onder die mens staan, maar wat ook My wesens is aan wie Ek My medelye wil skenk en hulle opwaarts wil lei. En vir die doel moet die aarde hernu word, die oppervlak van die aarde moet `n totale verandering ondergaan en die dag hiervoor is definitief vasgestel. En u, mense moet gesê word dat u moet let op die tekens van die tyd, dat Ek u gesê het: "dit sal wees soos ten tye van die sondvloed". Met volle teue sal die mense geniet, hulle sal geen uitweg meer vind uit hulle sondes nie, want hulle hou maar net van hulself en hierdie verkeerde liefde veroorloof hulle alles.
En daar sal `n verwarde denke plaasvind, omdat niemand meer sal ag slaan op die goddelike woord wat aan hulle Sy Wil duidelik te kenne wil gee nie. En dan kan u nog `n kort tyd van geloofstryd verwag, en dit is die laaste fase voor die ondergang, dit is die tyd waarin myne hulleself sal moet bewys, waarin hulle My moet bely as hulle Heer en God, as hulle Verlosser, om dan gered te word, om binne te kan gaan in die paradys van die nuwe aarde.
Die uur van die oordeel is baie naby en tog wil die mense niks daarvan hoor nie en hulle aardse lewe verder in onverskilligheid en gewetenloosheid leef, en al maak hulle hiervan ook hoe baie ophef, die geloof daaraan ontbreek hulle en sonder geloof sal hulle nie hulle lewenswandel verander nie. Maar die dag sal kom soos `n dief in die nag en diegene kan homself gelukkig prys wat My woorde geglo het en so sal lewe dat die dag hulle geen skrik sal aanjaag nie, wie daarom ook sal standhou tot aan die einde.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205