Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

HAAT EN DIE UITWERKING DAARVAN
B.D.2810 -12 Julie 1943
Die demoon van haat vergiftig die hele wêreld. En die mense maak hulself afhanklik van hom. Haat verwoes egter, terwyl die liefde opbou, en die werk van verwoesting sal op aarde `n steeds groter omvang aanneem, hoe meer die demoon van haat homself onder die mensdom uitleef. God se werk van vernietiging sal ook geen einde aan hierdie haat maak nie, maar net afsonderlike mense tot besinning laat kom en hy sal nou insien deur wie hy homself laat oorheers het. Terwille van hierdie weinige openbaar God Homself en toon Hy Sy Mag en Krag. Maar die meerderheid leef verder in haat en probeer veld te wen met middele wat deur haat voortgebring word en wat haat steeds hoër laat opvlam. Want haat is `n verergerde liefdeloosheid, haat is die mees verskriklike eienskap, omdat dit `n ontsettende verwoestende uitwerking het, nie alleen aards nie, maar ook geestelik. Want elke edele drang word daardeur vernietig of baie erg in gevaar gebring.
Die mens wat in haat leef, word deur die demone rondgegooi, sy strewe om opwaarts te gaan, is voortdurend in gevaar, omdat hy steeds weer teruggegooi word, sodra hy homself deur haat laat meesleep, want hy begeef homself steeds weer in die mag van diegene wat maar net probeer om haat en liefdeloosheid oor te dra op die mense. En sy mag oor so `n mens is groot. En dan des te groter, indien die hele mensdom in haat leef. Dit moet `n geestelike agteruitgang beteken, wat `n angswekkende uitwerking sal hê in soverre die mense gewillig verrig wat hulle nou deur die haat vervulde mag wat teen God werk, opgedra word - dat hulle alle besit verwoes om die medemens skade toe te bring .
Dit kom daarop neer dat die teenstander van God die geeste wat deur God in die skepping verban is, daaruit wil bevry. Daarom is al sy denke en strewe maar net daarop gerig om dit te verwoes wat deur God se Wil ontstaan het. Maar sy wil en sy mag kan homself nie Heer maak van die werke van die skepping nie en daarom probeer hy om sy wil op die mense oor te dra. Hy saai haat in hulle en beweeg hulle daartoe om dit uit te voer wat vir hom onmoontlik is; naamlik om die skepping te verwoes. Dus maak hy die mense wat aan hom gebind is, tot sy handlangers, hy lê duiwelse gedagtes in hulle, hy wakker die haat in hulle aan en hy steek hulle dus op om die grootste skade vir mekaar te berokken. Die mense voer dit, wat die grootste vyand van hulle siele hulle ingee, gewillig uit. Hulle dade bring steeds nuwe haat voor en die haat steeds nuwe dade van vernietiging. So `n vergiftigde mensdom gaan steeds meer haar ondergang tegemoet, want sy vind moeilik die weg terug om werke van liefde te verrig.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205