Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE HAND OOR HAND TOENAME VAN DIE SONDE
B.D.4853 - 7 Maart 1950
Die sonde sal hand oor hand toeneem en die mense sal sonder `n verantwoordelikheidsgevoel los lewe in genot en sonde, want die Satan regeer die wêreld en die mense is aan hom gebind. En gewilliglik gee hulle gevolg aan sy influistering, swak en sonder weerstand beswyk hulle vir sy versoekinge, hulle vervul die begeertes van die liggaam en vir niks het hulle `n afsku nie, die sonde lok hulle en so sink die mense weg in hulle verderf. Hulle gaan hulle einde tegemoet.
Wie op die gedragsgang van die mense let, sal ook weet watter uur geslaan het, dat die aarde ryp is vir die ondergang en dat die mense die doel van hulle lewe vergeet het en dus voor die afgrond staan. Die Satan het hulle volkome in sy mag en hulle bied geen weerstand meer teen hom nie, hulle erken hom as hulle Heer en doen wat hy van hulle verlang. In hierdie sonde sal die mense verstik, in hierdie sonde sal hulle ondergaan, want te midde van die genietinge van hulle lewe sal hulle hulle einde vind soos wat daar geskryf staan.
En daarom roep Ek die mense toe: U sal almal eendag verantwoording moet doen vir u denke en handelinge en sprake, u sal almal geoordeel word volgens u wil en u dade. Val nie in die sonde nie, hou u rein en verafsku die kwade, sodat die sonde nie u verderf word nie, sodat sy u nie in die afgrond intrek nie. Stomp die "vermaner" in u nie af nie, luister na die stem van die gewete wat u waarsku vir elke slegte gedagte en elke slegte handeling. Let op sy stem en gee gevolg daaraan, stap nie ligtelik oor die sonde heen nie, maar dink aan Diegene wie u eenmaal sal oordeel, Wie regverdig is en elke sonde straf omdat sonde versoening vereis.
Laat u nie verlok word deur die prikkelinge van die wêreld nie en vervul nie elke verlange van u liggaam nie, want dit verlei u tot sonde. Hou u rein en dink daaraan dat u uself nie voor My oë staande sal kan hou indien u in sonde val en dit nie verafsku nie.
Bevry u van die ‘Satan’, wat u verlei as u hom geen weerstand bied nie. Die sonde het groot mag oor u en daarom moet u uself behoed daarvoor, want daardeur verkoop u uself aan My teenstander en verwyder u uself van My en dit beteken ewige verderf vir u.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205