NATUURGEHEIME
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7.

DEEL 4
Die walvis
10 Jan. 2008 13:47
 
Ek sit saam met Jahshua op die grasbankie en HY sê dat ek reg voor my moet kyk en sê wat ek sien. Ek sien die see hier reg voor Ons, maar dit is nie die strand en vlak water nie, dit is die diepsee en dit is asof ek saam met Jahshua in die middel van die see op ‘n bankie sit en gesels, maar Ons is op droë grond. Ek sien ‘n walvis en baie klein planktonagtige diertjies wat deur die walvis geëet word. Jahshua vertel my ‘n paar dinge omtrent die walvis wat ek nie mooi verstaan nie en HY sê dat ek moet kom tik.
 
Jahshua dikteer:
Die grootste soogdier op aarde is die walvis en dit is so deur MY gemaak, sodat die mens kan sien dat niks by MY onmoontlik is nie. EK kan tot soogdiere in die water laat leef, sonder dat hulle vrek. MY kinders, die walvis kan vir etlike ure onder die water bly, sonder om vars asem te skep. Hy skep asem en duik dan baie diep onder die see in om daar in die diepe duister gedeeltes van die see ander prooi te vang wat nog deur geen menslike oog gesien is nie. Daar is plekke in die see waar niemand nog ooit was nie, omdat dit vêr te diep is. Geen duikboot sal daardie drukking kan verdra nie en sal dadelik inmekaar gedruk word. In daardie duister dieptes duik die walvis weg en die drukking maak hom niks. Wel vind daar veranderinge in sy liggaam plaas soos wat hy dieper duik, maar dit is dinge waarvoor hy aangepas is. Deurdat hy so diep duik vat hy sekere minerale, wat aan sy liggaam vasklou, ook saam na die ondersee en voed ook daar weer sekere ander organismes wat op sy vel vassuig en weer los sodra hy weer na bo gaan. Dit is ook die rede dat EK toelaat dat die seediertjies vasgroei aan sy liggaam en hulle word weer gevoed deur ander kossoorte wat net diep onder die see voorkom. Die diertjies wat op die liggaam van die walvis groei, word dan ook vinniger sielsryp as hulle broertjies wat teen die rotse op die strand groei. Dan gaan hulle verder in die liggaam van ‘n ander seediertjie in. Die walvis is ‘n dier met ‘n baie hoë intelligensie en sal ook baie vinnig in die sieleryk vorder, omdat daar sekere dinge is wat hy alreeds weet. Vir die walvis wat vrek, bly daar dan net een liggaam oor waarin hy homself moet kluister saam met die siel van ‘n ander dier en dit is die liggaam van ‘n dolfyn. Na die dolfynfase verby is, sal die dolfyn saam met die ander geeste wat nodig is, in die liggaam van ‘n mens ingaan om so sy weg na MY te vind. Dit is die lewensbestaan van die walvis en in sy lewe volvoer hy ook wat EK hom aangesê het. Deur die lewe in die see verkry hy sielsrypheid en kan dan verder gaan. Die lewe in die see is baie swaarder as die lewe bo die water, omdat die water ‘n baie digter medium is as die atmosfeer waarin die mens en ander diere leef. Dit dra dan ook daartoe by dat die walvis ook gouer sy sielsrypheid verkry en dan verder kan gaan. Daar was dan ook geen walvis wat eers op droë grond geleef het en toe die water ingegaan het, of ‘n mens wat die water ingevaar het en later vinne gegroei het soos wat die evolusioniste reken nie. MY kinders, EK het alles so geskape soos wat dit is en al het daar wel veranderinge in die diere gekom, is dit minimale veranderinge en nie groot veranderinge soos wat die geleerdes vandag reken nie. Geen dier het uit ‘n mens voortgekom nie en geen mens uit ‘n dier nie. Dit is ‘n ontheiliging van MY skepping en EK sal die wetenskaplikes saam met hulle teorieë vernietig. As jy wonder oor MY skepping, kom vra MY en EK sal jou ‘n antwoord gee. Die wêreld hou nie van MY antwoorde aan julle nie en sal dit altyd verkeerd probeer bewys, maar aan die verkeerde bewys EK MYSELF verkeerd en aan die een wat in MY glo, bewys EK MY getrouheid.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205