DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 15
9 Februarie 2008
Ek bring julle in My huis. My kinders, julle moet My soek in hierdie tyd, sodat julle die huis van My kan bewoon soos Ek dit wil hê vir julle. Wie hom by My skaar en My woorde glo soos Ek dit My skryfknegte ingee, sal ook in My huis opgeneem word. Ek sal My koring vergaar en by My in die skuur inbring. Ek maak julle rein deur die dorstyd wat die satan en sy magte oor die mensdom gaan en dors. Dit is reiniging vir die dele in My volk, maar die dorstyd sal kom, dat Ek sal dors onder die wat oorbly en die laastes sal dan ingebring word onder die koring en kaf wat oorbly op die dorsvloer. Ek maak julle nou rein, wees dankbaar daarvoor dat Ek nou al met julle begin werk en julle die krag gee om dit te deurstaan. Ek werk onder My volk en My Gees word elke dag net meer kragtig onder diegene wat My soek. Jou pa was reg oor die bangoed in die volk en dat julle nie enigsins iets van die bose by julle mag hê nie. Ek sê julle, wie rook, suig die bose so diep in sy siel op en Ek kan niks daaraan doen nie, omdat dit sy vrye wil is om die bose in hom op te neem. Ek maak vry van die bose dinge vir die wat vry wil wees en My daarom vra, maar netso laat Ek die bose toe om gevange te hou, die wat gevange wil wees. Ek is ‘n regverdige Elohim en het My kinders lief en verlang ook dat hulle My ook so lief sal hê. Dit kan slegs gebeur deur die vrye wil toe te laat in iemand se lewe. Andersins sal dit dwang van My kant wees en geen spontane liefde uit die persoon se binneste vir My nie. Ek haat dwang en sal ook nooit iemand dwing nie. Die wêreld waarin julle lewe vandag is net die teenoorgestelde. Hulle hele sisteem bestaan uit dwang en van die vrye wil is daar geen sprake nie. Slegs die vrye wil word toegelaat om te laster en te vloek, wie en wat hulle wil. Maar wanneer dit oor werk en rykdom gaan, is daar net slawe en “zombies”, soos julle sê, om die werk te doen. Elke werker word uitgemelk om net meer rykdom in te bring en hulle stop hom die paar Rand in die hand om hom of haar gelukkig te hou en net maar aan te gaan in hulle bose sisteem. As jy nie daarby betrokke is nie, beteken dit die dood vir jou, omdat jy dan nie sal kan koop of verkoop nie. Ek het egter gesê dat Ek vir die sorg wat vir My werk. As Ek dan die heelal skep en planete vrugbaar maak om allerhande dinge voort te bring, sal Ek dan ook nie die mag besit om vir julle te sorg nie? Ek sê julle Ek sal en wie op My vertrou, sal geen tekortkoming hê in enige vorm nie. Ek is julle Vader, eer My daarom dat Ek julle sal seën en voorsien in julle aardse bestaan, sowel as die geestelike. Dit is dan die betekenis ook om in My huis woonagtig te wees. Ek sorg vir julle, maak nie saak wat nie. Ek sal aan julle voorsien, want Ek is ‘n Vader van oorvloed en gee oorvloedig aan My kinders wat My liefhet. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205