DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 17
2008.02.10
My kindertjies, die tyd is min en Ek sluit nou hierdie boekie af deur My skryfkneg gegee aan julle, omdat Ek ander werk vir hom het. Hy sal nie meer verder skryf nie en dus sluit Ek nou die boek af. My kinders, julle weet al genoeg om My self te vind as julle die ander geskrifte ook gelees het wat Ek julle deur My skryfknegte gegee het en Ek sê julle dat hierdie dun boekie ook genoeg sou wees om My te vind, as julle net wou, want die materiaal van My woorde hierin het die lewe tot gevolg, as julle net daarna sal luister en dit toepas in julle lewens. Ek het julle vermaan om nederig te wees en My lief te hê bo alles, dit sal genoeg wees om in My ryk te kan ingaan as julle dit net beoefen. Amen! Nou My kinders, wil Ek julle net weer waarsku en voorberei op die dinge wat gaan kom binnekort. Die kneg van My sal voor My uitgaan en die pad vir My gelykmaak in My volk en die wat ore het om te hoor, sal hoor. Ek stuur hom nou na julle toe, wat waardig daarvoor is en lewe. Ek het almal ewe lief, maar Ek weet op wie dit ‘n mors van tyd sal wees, aangesien die tyd baie min is en Ek net na die sal kom wat My in hulle dra en My waarlik soek. Ek sal hulle vergader soos die blommetjies in die veld, soos beskryf aan My ander skryfkneg. Die deur se skrefie is vinnig besig om kleiner te raak en binne die volgende klein rukkie sal hy toe wees en die wat buite is, sal met moeite en baie trane moet werk om in te kom as hulle wil. Kyk, dit is ‘n harde pad wat gevolg sal word om in te kan kom, omdat hulle nie wou luister na My woorde nie, maar in My Vaderliefde sal Ek steeds met hulle werk. Al sal dit ook hard wees op hulle, sal dit steeds My genade wees. Nou My kinders, as hierdie kneg van My klaar gewerk het, en dit is nie baie lank wat hy besig gaan wees in die stille briesie nie, sal die oorlog uitbars in julle land en dan sal die suiwering van My volk begin onder die hardkoppiges. Dit sal donker wees, soos wat My profeet van amper ‘n honderd jaar terug gesê het, maar vir die wat by My skuil in My ark, sal dit nie so donker wees nie en na die tyd sal die lig weer skyn in hierdie land, as die storms van reiniging klaar uitgewoed het. Dit sal ‘n tyd van ongekende vrede en vreugde wees en Ek sal ook onder julle wandel in My oorgrote liefde vir julle. Net na die oorlog verby is, sal Ek julle vergader by Migdol soos Ek beloof het en daar sal Ek die wet en orde stel vir die vredestyd wat sal volg. Dit sal die wet en orde wees wat voortvloei uit naasteliefde en liefde tot My, jul Vader. Ek sal self in die vlees onder julle vertoef en julle leer en na elkeen kom wat My opreg gesoek het. Amen. My kinders, luister na My woorde en neem dit ter harte, Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205