DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

HOOFSTUK 2
EK, julle VADER, roep na julle MY kinders, luister na MY, want MY woorde is die lewe, dit is julle lewe. Hierdie gee EK aan julle, MY skape om die laastes by MY te vergader. MY genade is groot en is grensloos, maar wie ore het om te hoor moet hoor en dit aanneem. Want die tyd gaan verby dat hierdie genade (MY woorde aan julle) ook verby sal gaan en nie te vinde sal wees vir die wat dit nie wou aanneem nie. EK, julle VADER, is grensloos in alles en die seën wat julle sal ontvang omdat julle MY woorde glo, sal ook onmeetlik wees en julle sal beswyk as julle dit noual moet sien. Dit is onbegryplik vir die menslike verstand en kan slegs verstaan word deur ‘n siel wat een is met MY, sy VADER. Dit is die gelykenis van die verlore seun wat julle sal beleef as julle terugkeer na MY, julle VADER. Julle sit en verlang na die peule waarvan die varke te ete kry. Dit is die genot en rykdom van die wêreld. Wie is daar wat nie iets wil besit wat die wêreld hom bied nie? Almal werk vir ‘n groter salaris en die lewe word so gerieflik as moontlik vir die liggaam gemaak. Kyk, dit is alles peule waarvan die varke eet en nie versadig word nie. Hulle hou aan met eet en vergeet gister s’n. Daar moet net meer en meer kom, maar hulle is nooit heeltemal tevrede nie. MY kinders, EK is die VADER wat wag, wat MY oog op die paadjie hou om te sien wanneer MY kind wat agter aantreklikhede van die wêreld aangedwaal het, terugkom. MY loon wat EK gee, is baie groter as alles wat die wêreld julle ooit kan bied. EK nooi julle, kom tuis MY kinders, kom tuis, jul VADER verlang na julle harte wat HOM liefhet en HOM wil behaag. HY wil met julle wandel, hand in hand, en arm in arm. Wie is daar wat sy seun nie liefhet nie, wat verlang dat sy seun na hom ook sal luister en eer? EK sê julle dat daar wel sulke mense is, maar hulle is volkome duiwels al, deur hulle sonde en dwaling. EK is die goeie VADER, die goeie HERDER. MY skape, herken MY stem en volg dit na, dan sal julle lewe. Jaag MY na en nie die wêreld se begeerlikheid nie. Dan sal EK julle toon wat begeerlik is en julle sal sien dat die rykdom van die aarde ‘n stinkende modderpoel is waar booshede uitbroei. Soek MY dus, julle weet waar, EK het dit al herhaaldelik aan julle gesê. Soek MY in jou hart, in jou liefde, want kyk, EK is daar.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205