DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

HOOFSTUK 3
2008.02.05
Ek bring jou weer na My op die hoogte, My kind. Ek is jou Vader, kyk om jou en open jou oë. Ek sal jou wys die verborgenhede van My ryk. Sien, Ek werk met julle elkeen om julle siele te kan wen en te verlos van die boosheid wat nog daarin vassteek en julle aftrek, sodat julle nie opwaarts kan ontwikkel in My ryk nie. Ek werk met elkeen van julle verskillend en dit word dikwels nie herken as My hand in julle lewens nie, maar toeval of ongeluk. Kyk, soos die besering van jou neef, dit kom uit My hand uit, maar dadelik is dit deur julle geïdentifiseer as ‘n ongeluk wat hom getref het. Ek het egter aan jou gesê dat dit uit My hand kom, die ”ongeluk” wat hom getref het. Ek het dit toegelaat, sodat hy deur sy baie pyn vry kan kom van die bose se houvas op hom. Deur die pyn raak dit los en dan woed dit uit as hy self besluit om hom te verbeter (sy siel). Die bose raak woedend en sal alles probeer om sy houvas op hom te handhaaf en begin deur julle (my knegte) te pla en af te trek na die aardse. Hy probeer julle gedagtes besighou met die kinders wat skreeu of dinge wat hy julle hoofde ingee soos aardse musiek of dvd’s wat julle al lank terug gekyk het. Hy hou julle besig met sinnelose drek in julle verstande, sodat julle nie in jul harte tot My kan keer en Ek julle kan sê wat julle moet doen in diè geval nie. Ek is die Een wat bevry en julle weet dit. Deur julle gebed kan Ek so iemand ook bevry van die boosheid wat nog vassteek in daardie persoon. Deur My woord wat julle hom bring en vermanings om die regte keuses te maak, kan Ek sterk werksaam wees in hom, omdat Ek nie sterk werksaam kan wees in iemand as hy hom nie vrywillig verklaar om mee gewerk te word nie, aangesien Ek niemand dwing nie. As hy sy hart sal versag, sal Ek hom vry maak van die dinge wat hy besluit om op te gee. Ek is ‘n genadige Vader en werk met My verlore skapies om hulle terug te bring na die Vaderhuis. Ek sit en wag vir julle almal, maar julle wat My wil dien, moet kosbare arbeid onder julle broers verrig en hulle oorreed om weer terug te keer na My, hulle vader. Ek is lief vir julle almal, ewe veel, die verlorene sowel as die gevinde. My Vaderhart is bly en die hele hemelskare saam met My, as sò ‘n verlore dwaalsiel terugkeer na waar hy vandaan kom. So wil Ek julle dan op die hart druk om arbeid te verrig in die wingerd, sodat Ek met My krag kan werk onder julle verlore broers en so wil Ek julle ook aanraai, julle wat My dalk nog nie gevind het nie, asook die wat het, om julleself te reinig voor My aangesig, sodat Ek nie hard met julle te werk hoef te gaan nie, want die tyd kom gewis dat Ek julle sal reinig, Ek sal My hele volk reinig en die wat teveel onreinheid in hulle het, sal dit dalk nie maak nie, of baie hard mee gewerk word. Dit is alles onnodig as julle net gehoor sal gee en doen wat Ek julle opdra om te doen. So vermaan Ek julle dan vandag My kinders, luister na My stem wat vir julle die verlossing en die lewe bring, as julle Hom gehoorsaam. So spreek die almagtige Vader van hemel en aarde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205