DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 8
2008.02.06
Nou, My liewe kind, wil Ek jou openbaar waar My liefde vir julle die regte pad sal aanwys. Ek het in My wysheid sulke mense soos julle in hierdie plek gesit as ‘n lig vir die wêreld en as sout van die aarde. Ek maak julle sterk om My werk te doen as ligdraers en sout knegte wat die donkerte en verrotting moet bestry. Ek stuur julle as My kinders en knegte die wêreld in, om Myne te vergader en die boosheid uit die harte van baie te verdryf. Ek gee julle die Mag om op slange en skerpioene te trap en jong leeu en adder sal jy vertrap. Dit was My woorde ook aan My dissipels 2000 jaar gelede en vandag sê Ek julle dit weer. Ek gee julle die mag en outoriteit om sodoende die werk in My wingerd te verrig as getroue diensknegte wat Ek weet Ek besig sal vind met My werk as Ek besoeking kom doen. Julle geloof in My, julle Vader, sal sterk moet wees en dit sal ook teen daardie tyd so wees dat julle My sal kan dien soos julle moet. Moenie bekommerd wees oor dit wat Ek julle opdra nie, want die krag en middele gee Ek altyd saam met die taak, soos jy weet, nê? Ek stuur julle uit, gaan onder My Naam en doen wat Ek julle opdra soos getroue knegte en vertrou net op My, want Ek sorg vir julle. Julle brood sal steeds uit die hemel reën, terwyl die res van die wêreld steeds van die honger sal omkom. Dit sal geestelik en vleeslik geskied. Julle sal weer My wonders sien soos julle voorvaders van ouds wat met ‘n wolk langs getrek het in die woestyn. Die wolk dui aan op My leiding wat julle sal beskerm, ook teen die son wat steek bedags. In die aand sal julle trek onder My vuur van Liefde en reiniging. Kyk, dit sal Ek wees wat voor julle uittrek en julle sal kan getuig van My in julle midde wat julle die nodige krag gee en leiding gee om opwaarts te ontwikkel vir die wat nog nie een is met My nie, en om die stryd aan te durf met My krag, diegene wat een is net My. En so sal baie een word met My, hulle Vader, gedurende die tyd en saam sal ons verewig wees, hand in hand en arm in arm. Ek is julle Vader, Ek gee hierdie dinge aan julle, nie omdat julle dit verdien nie, maar omdat Ek lief is vir julle en julle baie genadig is. Dit maak My Vaderhart bly om die blydskap te sien wat My volk in My werk het en Ek sal hulle, julle, baie ryklik seën daarvoor. Dit is My liefde aan julle en dit sal die weg wees vir julle om te gaan in hierdie tyd. Die weg in liefde tot My en die liefde tot jou broeder langs jou. So sal julle dan wees My blye engeleskaar, wat voorheen mense was, maar nou kinders en engele. Amen, ja Amen, loof My Naam daarom, dat julle hiervan deel kan wees, Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205