DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 9
2008.02.06
Noudat julle weet, My kinders, wie julle is en wat julle moet doen, gee Ek julle opdrag om tot My te keer en julle self bereid voor My aangesig te kom verklaar. Ek het gesê dat Ek julle die volle wapenrusting sal aantrek as julle net die skoene van bereidheid self aantrek. Baie van My kinders kan daarvan getuig, hoewel Ek hulle voete met My een gemaak het deur hul bereid te verklaar in My diens en hoe Ek hulle geklee het met die res van die wapenrusting. Dit word nie altyd ervaar deur die persoon nie, afhangende van die liefde en vertroue in sy hart. Maar Ek sê julle dat Ek wel in My volle glorie so teenwoordig was by daardie persoon as hy maar net My wou glo en liefkry om sodoende My dan te kan raaksien en ervaar binne-in hom. Ek stuur julle almal so wat na My toe kom, om My te wil dien. Ek neem julle hande en voete en seën dit ter wille van My werk. Ek seën die werk van julle hande wat in liefde verrig word onder die mense vir My. Ek seën die voete wat gaan waar Ek hul stuur. Ek het aan My skryfkneg gesê dat Ek sy voete een gemaak het met Myne toe ek hom stuur, en so sal Ek doen aan elkeen wat My wil dien in liefde vir sy broers en My. Ek help julle in My werk, maar Ek wil eers die bereidheid hê van julle kant af. Dan eers kan Ek met julle die werk verrig, dan eers kan Ek My krag in julle openbaar, omdat dit andersins dwang van My kant sou wees. Ek sal julle bekendmaak wat julle vir My moet doen en dan sal Ek julle seën daarin, as julle blydskap daarin sal hê om My werk te doen. Ek, die Almagtige, sê dit aan julle, My uitverkore geslag, want julle is ‘n heilige priesterdom vir My, julle is My oogappel, My Sion wat Ek liefhet. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205