DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 11
14 Feb.2008 08:10
Wees dankbaar vir wat julle het, omdat daar baie is wat dit nie het nie en begeer om dit te hê. Daarmee praat EK nie van die aardse goedere nie, maar van die geestelike dinge wat EK aan julle gee. Daar is baie volke op hierdie aarde en hulle weet tog van die grootste Enigste Skepper van hemel en aarde. EK het dit ook aan hulle voorgeslagte bekendgemaak en almal van hulle wat hulle nog self afsonder van die westerse dinge, weet nog van MY en begeer om MY uitverkore volk te wees, maar EK het net een volk en dit is julle, MY kinders. Daar sal baie van die ander volke ook teenwoordig wees by Migdol, maar hulle is almal deel van MY verlore skapies wat teruggevind moet word. MY skapies het deur die eeue verlore geraak en moet weer versamel word. Daarom sal EK sekere mense uit julle volk uitkies om daarheen te gaan en MY skape weer terug te bring. Die taak sal nie moeilik wees nie, omdat die hele wêreld regop sal sit, na julle groot stryd verby is en EK julle die oorwinning gegee het. Hulle almal sal stomverbaas staan, omdat julle so min is en die haat teen julle so geweldig was en niemand gedink het dat die Boerevolk hierdie stryd sal oorleef nie. Die feit dat julle heel, en met baie krag aan die anderkant sal uitkom, sal hulle met nuwe moed besiel en hulle sal MY dan ook weer met hernude geloof aanroep en EK sal hulle ook verhoor. MY kinders, weereens sal julle lyding, ander na MY bring en julle sal juig omdat julle alles moes deurgaan. Al die swaar wat julle moes verdra, sal dan vir julle niks wees nie en julle sal vreeslik bly wees wanneer julle verlore broers weer by julle verenig is. EK sal daarom niemand wat MY nie werd is hierheen bring nie, maar net die wat vanuit ander lande na julle gekyk het en julle dopgehou het en met groot verlange hulle gebede na MY gerig het. Ek sal hulle gaan haal en hulle hierheen bring, waaroor hulle baie bly sal wees, aangesien hulle nie weet dat hulle ook hierheen mag kom nie. Dit is egter ‘n vae verlange in hulle elkeen se binneste en EK sal, omdat hulle MY ook aangeroep het, genade betoon. Daar staan geskryf dat die uitlanders sal nader kom en smeek om net die slip van ‘n Judeër te mag aanraak en dit sal hulle ook kan doen. Wanneer MY arbeiders dan by hulle sal kom (en EK sal hulle net na die stuur wat MY gesoek het) sal hulle met blydskap ontvang word en hartlik ingenooi word in hulle huise. Hulle sal met aandag luister na wat MY arbeiders aan hulle vertel, in hulle eie taal en dan, sonder om eers twee maal te dink, sal hulle hulle volg hierheen. EK het MY maniere om hulle hierheen te bring en hulle sal nie nodig hê om duur vliegonkostes aan te gaan nie. MY GEES sal hulle hierheen bring waar hulle saam met julle sal jubel. MY kinders, julle weet nie hoe groot die lig is wat julle uitstraal nie en deur julle stryd sal julle lig nog meer vermeerder. Almal sien dit raak, net julle is self blind daarvoor en verstaan nie die haat jeens julle van regoor die wêreld nie. EK is hier teenwoordig en hulle sal agter julle aankom, omdat hulle na MY soek. Dit is dan ook die rede dat EK mense na ander lande sal stuur en elke een wat MY daarin wil help, sal dan ook die geleentheid kry om dit te doen. EK sal julle van alles voorsien sodat julle MY oes kan inbring.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205