DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 12
14 Feb.2008 08:28
MY boodskapper wat vir julle MY woord sal bring, is in julle midde en hy sal binnekort na julle almal kom, sodat julle met MY krag vervul sal word vir die groot stryd wat voorlê. Julle almal sal hom sien en weet dat dit hy is sonder dat hy ‘n woord aan julle sê. Dit sê EK weer vir julle, aangesien julle dit dalk al vergeet het en nie kan onthou dat EK dit by ‘n vorige geleentheid gesê het nie. Die rede dat EK dit weer vir julle sê, is omdat dit baie dringend geword het en julle tyd in die land baie kort geword het. EK sal julle elkeen van krag voorsien en niemand sal meer bang wees nadat MY boodskapper na julle gekom het nie. Hy sal julle met nuwe moed en ywer vir MY vervul, omdat EK dit vir hom sal gee om aan julle almal uit te deel, voordat die dinge gaan begin. MY planne is beter as die “slim planne” van die oormag en sonder dat hulle dit weet, het julle die oormag en nie hulle nie. MY krag kan nie aan getalle gemeet word nie en daarom sal EK elkeen wat hom by MY skaar, met krag vervul, al is julle maar net ‘n klein bietjie gemeet aan die ander. MY kinders, verwag MY boodskapper en weet dat EK hom na julle stuur. Hy kom nie uit sy eie nie en wil nie met baie mense kommunikeer nie, maar doen MY werk, omdat EK dit vir hom gee om te doen. Sy grootste liefde is vir MY en daarom sal hy alles doen wat EK hom oplê. EK herhaal, verwag hom, want sy tyd is naby. Hy sal binnekort na julle kom en julle sal MY in hom herken, want hy het opdrag gekry om nie bekend te maak wie hy is nie. Ook mag hy julle nie sê dat hy deur MY gestuur is nie. Al wat hy mag sê, is die woorde wat ek hom in die mond lê. EK sal elke woord wat hy met julle spreek, SELF vir hom in die mond lê en hy sal MY gehoorsaam, omdat hy MY liefhet. Hy sal julle met nuwe moed besiel, omdat dit sy werk is en ook sal hy julle van MY planne inlig en dit sal julle buitengewoon met vreugde vervul, omdat julle nooit daaraan sou dink om op so ‘n manier, die vyand te oorwin nie. Daarom sê EK dat MY geheime planne die beste is en dat die vyand nie kan kers vashou teen MY planne nie. Luister na MY boodskapper as hy kom, want dit is EK wat met julle deur hom spreek. Dit sê EK julle weer, omdat EK julle baie liefhet en EK weet dat julle op MY wag. Gaan in vrede, MY kinders.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205