DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 13
15 Feb. 08 06:41
Julle sal MY op die wolke sien kom en julle sal juig, omdat EK MY woord gestand doen en nooit MY beloftes aan julle vir niks maak nie. Alles wat EK julle belowe het, sal gebeur en julle sal elke ding nog met julle eie oë te siene kry. MY kinders, EK het gesê dat daar baie van julle sal wees wat vir MY julle lewens sal gee en nie MY koms op die wolke sal sien nie, maar dit beteken nie dat julle nie daarvan sal weet nie. Julle sal in volle geluksaligheid saam met MY kom om julle kinders en medebroeders te kom haal en weg te neem na die plek wat EK vir hulle berei het. Julle sal nou wel dan nie self op die aarde wees en MY so sien kom nie, maar julle sal van alles bewus wees wat om julle aangaan en self ‘n baie groot aandeel daarin hê. Dit is nou almal wat vir MY sal sterf waarvan EK hier praat. Die keuse of jy sal bly leef tot die einde en of jy vir MY wil sterf nadat jy jou werk vir MY volbring het, sal jou eie keuse wees. Niemand word deur MY gedwing om vir MY te sterf nie, maar baie van julle sal al so moeg wees vir die aardse gemors, dat julle dit sal verkies om voltyds by MY te wees en nie deel te hê aan die dinge wat meer hier plaasvind nie. Daar is niks mee fout nie, aangesien die take wat vir MY gedoen moes word, dan alreeds voltooi is. Wanneer die take wat iemand vir MY moes doen voltooi is, sal EK hom/haar voor ‘n keuse stel en die meeste sal kies om na MY te kom. Dit sal die grootste oomblik wees vir so ‘n siel, omdat die volle hemel en alle gawes dan heeltemal oop sal wees voor daardie mens. EK sal alles aan hom/haar toon en in die grootste vreugde sal daardie mens dan wees. EK het ‘n spesiale plek berei vir almal wat vir MY gesterf het en daardie plek kan nooit oortref word nie. EK, julle Vader en Skepper, sal julle nooit mislei nie en EK sal ook nie van julle verwag om vir MY te MOET sterf nie, aangesien dit nie die rede is dat jy op aarde geplaas is nie. Maar vir die wat wil, is daar geen keer van MY kant af nie. EK sal julle egter elkeen met soveel krag toerus, dat julle die geloofstryd tegemoet sal gaan met die grootste krag en julle sal nie deur hulle gevang kan word, as dit nie MY en jou wil is nie, omdat julle almal Een met MY sal wees, en net soos MY dissipels van ouds, sal julle dan kan kom en gaan soos wat julle wil. EK het julle al dan teen daardie tyd vervul en julle is dan nie meer soos die normale mens nie. Krag sal julle vervul en niks sal julle kan stuit nie. Julle sal wees soos engele in mensliggame, wat net die gedaante aangeneem het sodat die ander nie moet skrik nie. Net soos MY engel Rafael wat MY gedien het op aarde, sal julle dan wees, maar julle sal nog steeds julle liggame hê. Wanneer jy dan egter kies om na MY te kom, nadat jou werk vir MY voltooi is, sal niemand jou meer kan keer nie en jy sal met liefde jou aardse liggaam aflê vir MY. EK is nog steeds in beheer en sal jou die nodige toestemming daartoe verleen, omdat jy jou werk voltooi het. Almal wat dan so vir MY sal sterf, sal geen pyn voel nie en met vreugde sal hulle jubel, omdat hulle ontslae sal wees van die liggaam wat nog altyd ‘n hindernis was. Dit sal so wees vir julle as julle heeltemal Een met MY geword het en EK jou hele wese gevul het. EK sal na julle kom en Een met die word wat MY bo alles begeer en julle sal geen stryd tegemoet gaan soos ‘n swakkeling nie. EK sal julle almal met krag vervul en julle sal getuies vir MY wees. Ook die komende stryd wat vir julle op hande is, sal vir die wat Een met MY geword het, niks wees nie, omdat EK julle met alles sal voorsien wat julle nodig het om die stryd binne te tree. Die Gees van verskrikking sal dan ook wees wanneer die oormag vyande, julle sal sien soos wat julle regtig is en met skok sal hulle net hardloop, omdat hulle gedink het dat hulle met gewone mense te doen het. Maar hulle sal met MY te doen kry en hulle oë sal oopgaan en julle in julle glorie sien en hulle sal skrik vir die engelgedaantes wat hier voor hulle oprys. MY kinders, dit is dan nou ook die rede dat EK so op die wedergeboorte “hamer” en julle die hele tyd aanspoor om Een met MY te word voor die stryd begin, sodat julle met MY vervul kan word en MY krag kan ontvang. EK sal julle nooit verlaat nie, omdat julle dan heeltemal in MY ingegroei het en niks ons meer uitmekaar kan haal nie, omdat jou wil sal wees om die hele tyd by MY te wees. Onthou, niks kan enigiemand uit MY hande uitruk nie, behalwe jou eie wil, maar wanneer jy Een met MY geword het, is jou wil nie meer jou eie nie. Dit het dan oorgegaan in MY wil en daarom is Ons dan nou ook Een. EK sluit hierdie hoofstuk dan nou ook af met die volgende woorde: Soek die Eenheid met MY baie vinnig, want die tyd is min.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205