DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 15
15 Feb.2008 07:55
Tussen MY kinders heers daar ‘n groot opgewondenheid oor die komende dinge en hulle almal is so vol vreugde oor wat om hulle gebeur. EK is daar teenwoordig waar hulle MY met vreugdeliedere begroet en in elkeen wat bly is dat die einde naby is, is EK teenwoordig. Julle moet vir MY lofliedere van vreugde sing en in MY bly wees, want EK, julle Verlosser kom alles vir julle regmaak. Wanneer alles verby is, sal julle MY in die vlees sien kom en EK sal elke mens met MY Vaderarms omvou, sodat almal MY sal voel en MY sal liefhê met sy hele hart. Daar waar nog iets kortkom, sal EKSELF kom voorsien. Dit is, waar daar geestelik iets kortkom by iemand. Nadat julle almal by Migdol vergader is, sal EK in julle midde rondwandel en na elkeen van julle sal EK kom om julle te onderrig in MY weë en dit wat julle nog nie weet nie, sal EK aan julle almal bekendmaak. Julle sal almal vervul met nuwe krag, daarvandaan weggaan na die plek wat EK vir elkeen SELF sal gee. EK sal julle land seën en daar sal vrede heers soos nog nooit in enige land sedert MY Israelvolk in ballingskap weggevoer is nie. Julle sal almal van My seëninge persoonlik ontvang en MY loof oor alles wat EK aan julle gedoen het. Julle sal elkeen sy eie huis en blyplek van MY ontvang en EK belowe julle dat dit die grootste verwagtinge sal oortref. EK sal niemand vergeet nie en selfs die kleinste dingetjie wat in jou hart was, sal jy van MY ontvang. Dit sal die gawes wees wat EK aan julle sal gee, omdat julle MY bo die aardse dinge gekies het en alles wat jy verloor het, ter wille van MY, sal EK aan jou teruggee. MY kinders, EK sal julle liggaamlik seën, omdat EK weet dat julle nie meer verknog is aan julle aardse dinge nie en omdat julle alles opgegee het ter wille van MY. EK sal julle alles gee wat julle nodig het en elkeen sal dit persoonlik uit MY hand kom ontvang. Dit sal die blye dag wees waarop julle dan almal gewag het omdat EK dan ook persoonlik in elkeen van julle se harte en aardse huise sal woon. Waar is die huis wat meer geseënd is as die huis waar EK woon? Elke mens sal MY in sy huis huisves en daarom sal julle huise vir julle seën gee. Die grootste vreugde en vrede sal dan tussen julle heers en julle sal almal mekaar kan vertrou. Daar sal nie meer slotte wees nie en geen hekke sal daar wees om die skelm uit te hou nie. Geen diefwering voor julle vensters nie en julle kinders sal veilig wees waar ookal hulle speel. Is dit nie te wonderlik vir MY nie? Kan EK dit nie doen nie? Ja, net EK kan dit doen en net EK sal dit doen. Die beste is goed genoeg vir MY kinders, omdat hulle die Beste gekies het. Omdat EK eerste vir hulle almal was, sal hulle eerste vir MY wees. MY kinders, hierdie seëninge belowe EK vir julle almal en dit sal gebeur na die groot stryd in julle land verby is en voor die groot geloofstryd op hande is. Maar as die geloofstryd begin, sal julle met vreugde julle aardse besittings weer ‘n keer vir MY opgee, omdat julle weet dat net EK belangrik is en julle sal met blydskap vir MY ly. EK sal julle daarna egter nie weer op hierdie aarde seën nie, maar die wat vir MY sterf, sal hulle seëninge en beloning in die hiernamaals ontvang. Die wat egter op die aarde bly tot die einde, sal hulle seëninge en beloning ontvang op die nuwe aarde wat EK spesiaal vir hulle geskep het. MY kinders, dit is net hierdie stryd in julle land wat julle “sonder krag” sal moet ingaan, omdat julle die geloofstryd sal ingaan terwyl julle almal, groot en klein, met MY Een is. Soek MY baie dringend, sodat jy nie eers die “swart stryd’ in die land hoef in te gaan sonder die Eenheid met MY nie. EK het julle almal baie lief en sal almal na MY trek wat na MY wil kom. Dit belowe EK julle almal wat na MY soek.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205