DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 16
17 Feb.2008 06:38
EK, jou Jahshua wil vir jou wat hier lees, vandag vertel dat jy kosbaar is in MY oë. So kosbaar dat EK profete opwek in hierdie tyd om MY woord aan jou te bring. Die tyd is voorwaar min en almal wat na MY smag, sal meer van MY kry. Dit was die smagting in baie se harte wat MY ook laat besluit het, al het EK dit eeue gelede al besluit, om nuwe mense op te wek vir die verspreiding van MY onvervalste woord. Daar is vandag so baie vervalste weergawes van My woord en die ergste van alles is dat daardie verkondiger daarvan gewoonlik ‘n dienaar van die bose is en die krag van die bose ook het. Maar EK is genadig en sal hulle almal aan julle uitwys, sodat die mense, deur MY na hulle gestuur, die boosheid uit hulle sal dryf en baie mense verlos van hulle houvas. Julle besef nie hoe groot die bose se houvas oor julle kan wees as julle MY nie heel eerste stel in julle lewens nie. EK weet alleen hoe die bose jou vashou en wys dit ook aan MY knegte wat MY onvoorwaardelik wil dien. EK sal aan hulle wys hoe die bose iemand vashou sodat hy verlos kan word daarvan. MY kinders, hoe nader julle aan MY kom, hoe meer krag sal julle van MY ontvang. EK sal julle seën met wonderlike krag, van MY afkomstig, en julle sal die bose net van die gevangene kan afhaal en verbreek, deur MY liefde wat in julle is. Die liefde oorwin alles. Selfs die bose. Baie van julle dink dat die liefde nie so belangrik is nie en dat deur net liefde te gee, niks sal verander nie, maar daar maak julle die grootste fout, omdat dit juis die liefde is wat die krag op sigself is. Kyk maar na jouself. Hoeveel maal het jy nie die persoon wat die meeste liefde uitstraal, benader nie? Jy sal eerder die persoon wat liefdevol is, vir iets gaan vra. Is dit nie so nie? Wie wil ‘n tiran iets gaan vra? En wie hoop om deur ‘n liefdelose persoon gehelp te word, wanneer dit nie tot voordeel van die liefdelose self is nie, sal baie gou in sy hoop verydel raak. EK sê julle dat liefde die allesoorheersende faktor is van elke mens se lewe, want was dit nie vir MY Liefde vir julle nie, het EK julle almal al lankal verdelg. MY kinders, sorg dat julle allesoorheersende liefde vir mekaar kry, want dit alleen is alles in alles. EK alleen is die liefde en wanneer jy liefde het, het jy MY ook. Sorg jy maar net dat jy MY so lief as moontlik kry en EK sal vir die res sorg. Kry MY lief en jy sal sommer vir jou naaste ook lief word en die stryd wat jy met jou naaste aan die gang gehad het, sal sommer vinnig vergewe word en jy sal daardie broeder van jou met nuwe oë bekyk. Dit is die waarheid en julle kan MY daarin toets. EK sal nooit vir julle lieg nie, MY kinders en julle sal weet dat dit die waarheid is, wanneer julle dit eerstehands ondervind. Wees vir MY lief en alles sal vir jou ten goede meewerk.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205