DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 17
17 Feb.2008 06:54
In vandag se tye is daar baie verkeerde leerstellings wat die mense ‘n heel verkeerde indruk van hulle Skepper en Vader gee. EK sal julle egter in die lig stel, wat julle moet weet van MY. EK is ‘n vergewensgesinde Almagtige Vader, wat nie julle oortredinge vir altyd en ewig teen julle hou soos wat baie van julle dink nie. EK is baie liefdevol, omdat EK net liefde is en daarom sal EK nooit ‘n sondaar wat berou het oor sy sondes, verdoem nie. EK sal almal wat na MY kom met berou in hulle harte, en ‘n vaste voorneme om sy lewe te verbeter, tegemoet kom en aan hom die Verlossing skenk. EK is die Verlossing en daarom sal hy, deur na MY te kom, verlos word van al sy sondes en oortredinge wat ‘n houvas op sy siel gehad het. Niemand mag oordeel nie. Selfs nie eens EK, wat alle mag in MY hande het, oordeel die mense nie, maar MY woorde oordeel almal wat verkeerd gedoen het volgens sy dade, as hy nie na MY kom om vergifnis nie. EK dra almal se laste wat na MY kom en hulp vra. EK dra dit vir hulle met MY liefde en sal niemand afwys wat na MY kom met die grootste hartseer in sy hart nie. Niemand is by MY beter as die ander een nie. Selfs nie eers MY profete of skryfknegte is beter as enigiemand anders nie. Dink julle dat MY profete dit uit hulle eie is? Het julle dalk een van hulle geken voordat EK met hom/haar gepraat het, sou julle geweet het dat dit net so ‘n gewone mens soos jyself is. Al verskil, is dat MY skryfknegte en profete MY die hele tyd gesoek het en daardeur gevind het. Hulle was dan ook die enigstes op daardie stadium wat MY woord aan julle kon bring, omdat niemand anders hulleself so oop gestel het vir MY woord soos juis hulle nie. EK weet ook waarom EK dit in hulle harte gelê het om MY so dringend te soek en selfs nie eers die dringende soeke na MY, het uit hulleself gekom nie. Dit was alles uit MY uit. Daarom sê EK vir julle om nie iets van iemand anders te maak nie, omdat niemand in MY oë meer as die ander een langs hom nie. Julle het elkeen vir MY ‘n spesiale taak en die een wat meer doen as die ander een, het homself net meer vir MY aangebied en sal daarom ‘n groter taak as die ander ontvang, wat net ‘n bietjie van homself aangebied het. Julle moet ook nie dink dat daar in MY hemele onderskeid gemaak word tussen MY aartsengele en die ander nie. Daar is baie van MY gevalle engele wat weer teruggekeer het, nadat hulle die weg deur die skepping voltooi het, en hulle is met ope arms deur hulle Enigste Vader aangeneem en daar is groot fees gevier met hulle intrede in die hemel. Dit is mos die verhaal van die verlore seun waarvan julle almal nou al goed op hoogte is. As sekere engele nie eers meer spesiaal as hulle ander broers is nie, waarom sal EK dan nou tussen julle mense gunstelinge hê wat bo die ander bevoordeel word, net omdat EK hulle dan nou kwansuis liewer sou hê as die ander? Nee MY kinders, die waarheid is dat nie eers die grootste sondaar in MY oë, minder werd vir MY is as sy reine broer langs hom nie. EK sal die reine en die onreine aanneem wanneer die onreine homself aan MY kom oorlewer. EK sal hulle almal teen MY bors vasdruk en die een sal nie ‘n voorkeur plek kry en die ander een ‘n afskeepplek nie. Daar is nie ‘n afskeepplek by MY nie en net EK alleen kan duisende tegelyk vashou, sodat elke een teen MY bors lê. Dit is die misverstande wat EK by julle wil opklaar oor MYSELF, omdat EK sien dat baie van julle baie minderwaardig voel teenoor MY knegte en profete, wat heeltemal oorbodig en onnodig is. EK het letterlik almal ewe lief, maar julle moet onthou dat EK net van MY eie volk praat en nie van die ander nasies wat elk ‘n ander plek by MY het nie. EK het hulle ook geskape en daarom het EK hulle ook lief op ‘n ander manier as wat EK julle liefhet. Julle is MY lieflingvolk wat EK tussen almal uitverkies het en net dáár het EK MY gunsteling, maar egter nie tussen broer en broer nie. Die ander volke is nie julle broers nie en sal ook nooit saam met julle in dieselfde ryk kan ingaan nie. EK het ‘n ander plek vir hulle berei waar hulle bymekaar sal wees omdat selfs hulle, nie eers met julle wil meng nie. Satan het met sy groot ‘slim’ planne gedink dat hy almal sal laat meng en sodoende MY uitverkore volk tot niet kan maak, maar hy het nie rekening gehou met MY en MY liefde vir julle nie en daarom het hy al klaar verloor, al lyk dit nie vir julle so nie. Die groot plan was om al die volke van regoor die wêreld in een groot ”skottel” te gooi, sodat hulle met mekaar sal begin trou. Ongelukkig het baie vir sy plan geval en het onherroeplike skade aan hulle siele verrig, deurdat hulle met die ander nasies ondertrou het. So ‘n siel sal nooit weer reg kan kom nie, al sal hy nie verlore gaan, wanneer hy ware berou daaroor het nie, maar die skade is klaar aangerig en die blindheid in so ‘n siel is dan baie groot, omdat die siel van so mens met totale blindheid geslaan is. Die mens sal baie moeilik sy fout insien en sal hamer op MY liefde vir almal. Maar selfs in MY skepping is daar skeidslyne en nie eers die diere oortree dit nie. Nou, die mens is dan die kroon van My skepping en waarom sal EK hulle wil besoedel, deurdat EK hulle sal laat vermeng? Moenie dink dat EK daarin ‘n behae het nie, omdat dit MY pynig om die mengelmoes van mense te sien, waarvan daar ook van MY kinders tussen hulle is. MY guns het op die kinders van Abraham en Sarai geval en by hulle sal EK bly, want EK het hulle alleen uitverkies as MY volk. Dink nie dat EK die ander nasies haat nie. Daar is geen haat by MY nie, behalwe vir die bose werke en selfs die bose mens sal deur MY aangeneem word, as hy sy bose werke staak. Die ander volke is soos die mooie skepping vir MY. Pragtig soos wat EK hulle gemaak het, maar nie die kind wat EK teen MY bors wil vasdruk en koester nie. Nie die kind waarvoor EK die wonderlikste dinge berei het nie. Jy gee tog nie jou beste besittings aan ander mens se kinders nie? Hoeveel mense stel nie ‘n testament ten gunste van hulle eie kinders op nie? Dit sal net die ouers se kinders geval om hulle besittings te beërwe en dit is dieselfde met MY. EK sal voorwaar ook wonderlike dinge vir die ander nasies gee, wanneer hulle MY en MY kinders eer en respekteer en EK sal hulle nie verdelg wanneer hulle in vrede op hulle eie langs MY kinders lewe nie, maar wanneer hulle hulle hande aan een van MYNE sal slaan, sal EK ook teen hulle optree, en dit is dan ook wat nou in julle land gebeur het. EK het hierdie land aan julle gegee en met haat en jaloesie het die ander mense na julle gekyk en wou dit uit julle hande neem. Met slinkse planne het hulle julle dan ook ‘n rat voor die oë gedraai om aan julle te vertel dat julle verkeerd gehandel het in die verlede en dat julle om vergifnis moet vra aan die ander nasies wat dan nou so sleg deur julle behandel is. MY kinders, maar hierin was ook vir julle ‘n les te leer, omdat julle moet besef dat julle nie julle kos vir die honde moet voer nie. Wanneer ‘n kind tussen die honde gaan sit om te eet, sal hy sy kos verloor, omdat die honde dit van hom sal afvat, en net so was dit met julle. MY waarskuwings aan julle om julle nie met die ander nasies te bemoei nie, het op dowe ore geval en met afgryse moes julle toekyk hoedat julle alles verloor het, en nou deur hulle vertrap word. Maar net soos wat julle nie julle kinders tussen die honde sal los, sodat hulle alles kan opvreet nie, sal EK julle ook nie los nie en EK sal julle kom uithaal en aan julle iets nuuts gee en net soos die kindjie wat gehuil het, omdat die honde sy koekie gevat het, en nou daar weg sal bly, sal julle ook julle les leer en nie weer julleself met die ander nasies bemoei nie. Tot voordeel vir julle en hulle, omdat julle nie weer sal verloor wat EK julle gegee het nie, en omdat hulle nie weer raas sal kry en straf sal moet dra vir wat hulle aan julle gedoen het nie. Daarom moet julle nie skuldig voel wanneer EK julle teen MY bors vasdruk en hulle net MY krummels gee nie, want dit is hoe EK dit wil hê. Elke een van hulle wat MY volk goed behandel het, sal dan ook seëninge uit MY hande ontvang en EK sal hulle nie saam met die moordenaars en vertrappers van MY volk uitdelg nie en in vrede sal hulle, na die groot stryd tussen julle en julle verdrukkers in julle land, op hulle plek bly wat EK vir hulle sal aanwys en daar sal vrede en seëninge heers. Eerstens vir MY kinders en daarna vir hulle.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205