DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 19
18 Feb.2008 09:06
In die tyd van MY lewe op aarde was daar baie mense wat My aanbid het as ‘n towenaar en EK moes MYSELF aan daardie mens in die regte lig stel. EK wil nie aanbid word soos ‘n towenaar nie, maar iemand wat MY liefhet is vir MY welgevallig. MY kinders, EK het dan ook aan hulle verskyn na MY opstanding en hulle het MY nie herken nie. EK het hulle dan op so wyse bearbei dat hulle MY liefgekry het en dan eers het EK vir hulle gesê wie EK was, nadat hulle vreeslik lief geword het vir MY. Dit is dan ook wat EK vir julle op die hart wil druk. EK wil hê dat julle liefde moet uitstraal, sodat mense julle sal aanhoor omdat julle liefdevol is. Wanneer julle MY woord met die swaard in die hand gaan uitdra, sal julle die mense eerder afskrik en nie vir MY wen nie. Ek wil hê dat julle so sagmoedig soos die duiwe moet wees omdat niemand ’n duifie skade kan aandoen nie. Wel sal daar mense wees wat julle vyandig gesind is soos die roofdier wat niks voel vir die duifie nie, maar die mens met ‘n hart, sal vir MY knegte luister en hulle liefkry wanneer EK hulle (My knegte) na hulle stuur. Deel liefde uit en nie die oordeel nie en julle sal vir MY kosbare arbeiders wees. Wanneer julle die koring van die land gaan afhaal, sal julle nie te rof te werk kan gaan nie, anders sal al die koringkorrels langs die pad val en nooit in die pakhuis beland waar dit in sakke gegooi kan word nie. Die koring sal dan deur die voëls en ander diere opgevreet word en nie by MY uitkom nie. Die voëls en ander diere stel dan ook die wêreld en sy verlokkinge voor wat die mens wat te hardhandig behandel is, sal vang en verslind. Wees MY goeie arbeiders waardig en doen MY werk met liefde vir julle broeders.
Amen
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205