DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 20

19 Feb.2008 07:34

EK het vandag vir julle almal iets spesiaal en dit is MY liefde vir julle. EK sal MY liefde oor elke een uitgiet omdat EK weet dat julle MY liefhet. Dink die hele dag aan MY en EK sal julle ook gedenk. In die tyd wat kom, sal julle baie dinge op julle weg ervaar wat vir julle vreemd gaan wees, veral vir die wat binnekort Een met MY sal wees. EK het byvoorbeeld gisteraand vir MY skryfkneg gesê dat sy haar broer en sy gesin in Engeland sal gaan haal, net voor die stryd begin. Dit is vir haar vreemd gewees en sy het nie geweet dat sy binnekort weg sal moet gaan nie. Daar lê vir elkeen van julle nog baie dinge voor, maar weet net dat EK vir julle almal die krag en die mag sal gee om te doen wat julle moet. EK sal julle nooit verlaat nie en EK wil hê dat julle almal vir MY ook sal opstaan soos wat EK vir julle opgestaan het. EK het vir julle opgestaan uit die dode, omdat EK julle baie liefgehad het. MY kinders, EK kon netsowel dadelik na MY ryk gegaan het en nooit weer na hierdie stinkende aarde terug gekeer het nie. Maar uit MY liefde vir julle, het EK weer na hierdie plek gekom en aan julle gewys dat EK julle baie liefgehad het en nog steeds het. EK het aan julle kom wys dat EK die dood oorwin het en daardeur is baie ander, wat nie voor MY kruisiging gered is nie, gered. Deurdat julle vir MY sal opstaan, sal julle baie ander lei en red deur MY krag en mag. EK sal niemand van julle, wat vir MY wil werk, net so los nie en EK is bewus van die feit dat MY boodskapper nie kan wag om met sy werk te begin nie. EK sal hom egter nog so ‘n klein rukkie kans gee en voor hy weet, sal EK hom kom haal sodat hy vir MY kan werk. EK het My redes hiervoor en net EK weet waarom EK dit so sal doen. EK kan MY eie tye verander net soos wat EK wil en niemand kan een woord daarvan sê nie. Maar wees gerus, hy sal nog by julle uitkom en julle in MY Naam versterk en julle van al MY geheime planne inlig. Die tweede boodskapper sal dan net na hom uitgaan en julle verder inlig en ook kom bevestig wat die eerste boodskapper gesê het. Julle moenie twyfel aan MY woorde nie en alles glo wat EK vir julle sê. MY kinders, staan op in MY Naam en doen wat EK julle oplê om te doen en julle sal nooit verkeerd handel nie. Bly by MY en EK sal julle deur hierdie stryd dra. MY knegte, julle sal weer knegte van die Allerhoogste genoem word soos wat julle altyd vir MY gesing het. Weliswaar was daar maar net ‘n handjievol wat dit bedoel het en ook net hulle sal deur MY gered en beskerm word. Selfs die wat in ander lande sit, moenie bekommerd raak wanneer dit lyk of julle nie weer sal kan terugkom nie. EK SELF sal julle daar gaan haal en julle bring in die land waar julle dan graag wil wees, om saam met julle medebroeders en susters te stry. EK sal al MY kinders van regoor die wêreld hier vergader, maar die uitlanders sal eers na die stryd hierheen kom. MY kinders van Suid-Afrika, wat graag saam met hulle broers hier, alles wil deurmaak, sal egter deur MY voor die stryd hierheen gebring word, sodat hulle saam met die ander kan ly. EK weet waarom EK dit doen en EK wil hê dat julle absolute vrede in julle harte moet hê, al sit jy in ‘n ander land en daar is nie ‘n manier dat jy hierheen kan vlieg nie. EKSELF sal julle gaan haal en julle hierheen bring. Al wat julle moet doen is om daar vir MY en MY volk op te staan en al kry julle teëstand, moet julle weet dat dit die manier is dat julle vir MY moet ly daar vêr oor die see. Die ander lande se mense en veral die mense van Engeland, is die Boere aan hierdie kant glad nie goedgesind nie en veroordeel hulle vir die manier waarop hulle te werk gegaan het deur al die jare en deurdat daar Suid-Afrikaners sal opstaan en vir MY Naam en volk sal veg, sal hulle vir hulleself baie moeilikheid op die hals dra, maar wees nie bevrees nie, EK sal julle ook daar gaan uithaal en julle sal almal veilig hier wees, nog voordat die ander julle in die tronke kan stop. Dit belowe EK ook vir MY kinders in die verre lande, wat MY Woord getrou lees en navolg. Gaan in vrede, MY kinders en weet dat EK nie een van julle sal vergeet nie.

Amen.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205