DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 7
12 Feb. 2008 05:32
EK weet waarom EK sekere dinge doen en weet ook wie MY glo en wie nie. Daar was ‘n sekere man wat saam met MY op die aarde geleef het en hy was baie gelowig en godsdienstig, maar dit het hom aan die liefde vir MY ontbreek. Dit was die geval in baie mense se harte gewees, omdat die tempel die verkeerde indruk van MY geskep het by baie van die mense. EK het mos egter na die aarde gekom om die misverstande op te kom klaar en was ook van plan om hom daarmee te help. EK was op pad van Jerusalem na van MY ander kinders in die omtrek, toe EK hom op die pad tegemoet kom. Hy het nie geweet wie EK was nie en sou verby geloop het, maar ek het hom voorgekeer. Hy was verbaas om te hoor dat EK die Verlosser was, aangesien hy iemand groot en sterk, wat meer die liggaam van ‘n reus gehad het, verwag het. EK kom egter nie in die vorm van mense na julle nie en sal aan julle verskyn soos wat EK aan julle wil verskyn. Julle almal sal MY graag wil sien, omdat julle MY liefhet, maar die beeld wat EK aanneem sal dikwels vir julle nie so mooi wees en nie soos wat julle verwag nie. EK het dan ook aan hierdie man verskyn as ‘n pateet, in sy oë. EK was kort en maer en het MYSELF so aan hom voorgedoen, omdat hy nie MY kruisiging waargeneem het en MY liggaam gesien het voordat EK gekruisig is nie. Hy is deur MY dissipels in ‘n ander stad bewerk en na MY gelei, hoewel hy MY nog nie heeltemal aangeneem het nie. Omdat hy MY nog nie liefgehad het soos wat hy moes of kon nie, het hy MY nie herken nie. Hy is eers later daarvan oortuig dat daar baie mag en krag in hierdie kort, klein outjie sit, soos wat hy aan MY gedink het. EK het egter sy geestesoog geopen en wou hom wys wie EK regtig was. Hy het die volgende gesien: `n Lam wat voor ‘n altaar staan, het hier reg voor hom in die pad opgedoem en met afgryse het hy gesien hoe hierdie Lam gegryp en met geweld doodgemaak word en met baie bloedvergieting en marteling, die gees gegee het. Met afgryse het hy gesê: “Hou tog net op, die lam het julle mos niks gemaak nie!” In daardie dae was dit nog gewoonte om te offer en die paaslam slag, was vir hulle niks gewees nie, maar die lammertjies is gewoonlik net gedood deur hulle te laat doodbloei en daar was nie soveel geweld by betrokke nie. Die man het nader gestorm en wou die lam uit die hande van die mense ruk en terwyl hy ruk, gebeur daar iets snaaks met hom. Sy oë word toe weer gesluit en hy kyk vas in My oë terwyl hy MY aan die arm trek. My kinders, sonder om eers twee keer te dink, het hy voor MY op die grond geval en geweet dat EK die Lam was wat geoffer is met groot geweld en marteling. Daarna het EK ook aan HOM verskyn soos wat EK gelyk het op aarde en hy kon MY spykermerke sien. Net daar is hy met groot liefde vir MY vervul en kon ook verstaan waarom hy MY nie in die eerste plek as ‘n sterk jong man sien, soos wat EK regtig gelyk het nie. Deur MY te sien soos wat EK gelyk het, sou hy My nie so lief gekry het soos wat hy gedoen het nie. Omdat EK nie soos ‘n koning gelyk het nie, kon hy MY lief kry, maar omdat hy gedink het dat EK soos ‘n koning moet lyk het hy MY heimlik gevrees, sonder dat hy MY al ooit gesien het. EK het hierdie vrees van hom af weggeneem sonder dat hy dit geweet het en hy kon MY liefhê en nie slaafs aanbid soos wat hy sou doen as hy MY vroër ontmoet het nie. Daarom wys EK vir verskillende mense verskillende dinge omdat EK die innerlike van elkeen ken en weet wat om te doen sodat julle almal MY op die regte manier aanbid en lief kry. EK weet waarom EK sekeres se geestesoë al oopgemaak het en waarom nie. Julle moet MY net meer en meer liefkry en alles sal vir julle duidelik word. EK sal MYSELF aan julle elkeen openbaar soos wat EK weet, die beste is vir jou, en aan ‘n ander een sal EK MYSELF weer op ‘n ander manier toon. Moet daarom nie dink dat daar net een manier van doen is vir MY nie, omdat alle moontlikhede aan MY behoort. EK weet ook waarom party mense MY baie langer soek as ander, waarom party mense MY al jare dien en MY eers na baie jare regtig ontmoet en waarom party mense MY vinnig ontmoet en met krag vervul word. Julle moet net berus op die manier waarop EK met julle te werk gaan. Elke mens is vir MY spesiaal en hoe EK MY aan een openbaar, sal nie noodwendig dieselfde tot gevolg hê, soos wat die met ‘n ander sal gebeur nie. Daarom moet julle berus daarby as julle MY nog nie kan sien of hoor nie. EK weet waarom EK dit doen, maar dit beteken nou ook nie dat jy MY nie meer moet roep en smeek daarvoor nie. EK sal kom en waarom EK langer vat as by iemand anders, sal ook net EK weet. Maar wees gerus, alles sal uitwerk soos wat EK dit beplan en dit sal die grootste voordeel inhou vir die betrokke persoon. Met liefde sal EK kom op die tyd dat EK dit die beste ag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205