DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 9
13 Feb.2008 07:02
EK gaan ‘n nuwe ding doen in julle land en EK gaan die hele wêreld stom van verbasing maak oor die nuwe dinge wat EK aan julle gaan gee. Die wêreld se tegnologie sal nie kan byhou met dit wat EK vir julle hier in MY land van die uitverkorenes gaan gee nie. Niemand wat vandag op aarde is, sal kan verstaan waar julle nou ewe skielik aan hierdie wonderlike nuwe dinge, waarvan die wetenskap nie eers geweet het nie, kom nie, aangesien julle land nog ‘n klein rukkie gelede in so ‘n slegte toestand was. Maar EK alleen gaan dit vir julle gee en julle sal almal baie bly wees oor dit wat EK aan julle sal gee. Net soos wat MY liggaam vergeestelik en wonderlik was na MY opstanding, sal EK julle land vol wonderlike dinge aan julle teruggee. Die tegnologie sal verbysterend wees vir die res van die wêreld en met jaloesie en afguns, sal hulle julle bejeën. EK sal aan julle maniere toon van dinge doen wat geen besoedeling vir MY aardbodem hoegenaamd meebring nie, en geen giftige gasse of afgeskeide stowwe sal MY aarde meer besmet nie. Dit sal EK vir díe gee wat MY bo alles liefhet en wat getrou aan MY gebly het tot die einde toe. Die groot stryd gaan binnekort begin en daar is tans baie van julle wat nou hier lees, wat baie opgewonde is. Dit is almal wat MY baie liefhet en nie kan wag vir MY om na julle te kom nie. Die mense wat dink dat julle net uit is op bloedvergieting, maak ‘n baie groot fout, omdat EK julle harte ken en weet dat dit nie so is nie. Julle almal weet al van MY vleeslike verskyning aan julle by Migdol en al die wonderlike dinge wat daarmee saamgaan en dit is die hoofrede vir julle opgewondenheid, en ook die feit dat julle vertrapping nou verby is. EK sal MY volk red van alles en hulle sondes is hulle vergewe en nou kan hulle met dank en liefde vir MY ‘n loflied sing. Julle wat alreeds vir MY ‘n danklied sing, is baie geseënd, omdat julle alreeds die oorwinning gesmaak het, voordat die stryd begin het. EK wil vir julle vertel van ‘n groepie mense wat MY baie liefhet. Die mense sing elke oggend en elke aand vir MY die mooiste lofgesange en in hulle harte is daar baie liefde vir MY te bespeur. Terwyl hulle sing, dwaal die boosheid om hulle heen en beplan moord en dood op MY kinders wat daar teenwoordig is, maar wat hulle nie weet nie, is dat hulle eie dae getel is, omdat hulle eintlik teen MY opstaan. Raak aan My kinders en iemand raak aan MY! EK sal hulle self beskerm en die wat daar rondloop vir kwaadgeld en moord beplan, sal nie hulle planne kan laat geskied nie, omdat MY engele en EK SELF daar teenwoordig is. Daar word met afgryse geluister hoe hulle vir MY sing en met bang harte, maar vol haat, beplan hulle voort. MY engele het die bose al baie daar verjaag en terwyl hulle hardloop om weg te kom van die groot mans wat uit die huis uitgekom het, besluit hulle om nooit weer terug te gaan nie, net om die volgende dag met nuwe ywer en haat op hulle toe te sak en weer van voor af te beplan. EK is Almagtig en sal nie laat hulle planne geluk nie en niemand sal ‘n vinger aan een van MY kinders sit nie. Daardie groepie mense is baie geseënd, omdat hulle MY die hele dag aanroep en uit die diepte van hulle harte soek hulle na MY. Elkeen van hulle wat daar teenwoordig is, het MY dan ook al gevind en daardeur die grootste seëninge vir hulleself verwerf. EK sal almal wat graag by daardie groepie wil wees om MY te aanbid en te soek, daarheen bring en al wat jy moet doen om ook daarheen geneem te word, is om die wêreldse dinge af te sny en te kom. Volg MY en EK sal julle daarheen lei, omdat EK julle nie nou sal sê waar hulle geleë is nie. MY GEES sal net die opregtes van hart daarheen lei, sodat onreines en bose mense nie hulle voete daar sit nie. Dit is MY groepie van uitverkorenes en hulle sal in MY liefde daar gedy. Kom na MY en EK sal jou daarheen lei, omdat jy MY GEES liefhet en MY soek. EK wil julle vertel van alles wat EK vir julle gaan gee wanneer die groot stryd verby is en daar (by MY groepie) sal EK alles aan julle onthul. Al wat julle nodig het om daar te kan bly, is net MY liefde, omdat EK vir almal wat daar woon, sorg en niemand iets kortkom nie. Daar is alles wat julle nodig het en julle sal voorsien wees van alles, los net die wêreldse en kom! Vra MY en julle sal daarheen gelei word. Dit is ook ‘n belofte wat EK aan julle gemaak het en wat EK aan julle gestand sal doen.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205