Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE SIGBARE VERSKYNING VAN DIE HEER
B.D.4783 - 19 November 1949
Aan diegene wat Myne is, wil Ek `n teken gee voordat Ek in die wêreld ingryp terwille van die redding van die dwalende siele. Ek sal aan u bewys dat al My voorspellings vervul sal word. Ek sal My laat sien, maar aan elkeen op `n ander wyse. Wie oplet weet dat dit Ek is wat na hom toe kom, ofskoon Ek `n vorm kies wat hom aanpas by die omgewing en wat homself nie op `n ongewone wyse vertoon nie. Ek wil na elkeen van u toe kom, wat My wil dien en vir die verspreiding van My woord sorg dra. Ek wil Self na u toe kom om u geloof te versterk, sodat u die toekomende gebeurtenisse kalm kan verdra en u medemens helpend kan bystaan. Want in die algemene opskudding moet u, My dienare, rustig en kalm wees om oral hulp en troos te kan verleen waar die nood groot sal wees en waar hulp nodig is. En wie My dan dadelik sal herken, sal deur My teenwoordigheid gelukkig word. Bewus sal hy elke uiting van My ondervind as `n gawe van oorgroot liefde en sy hart sal net so in liefde ontgloei. My krag sal so op hom oorgaan dat hy bekwaam sal wees om alles tot stand te bring wat hy maar sou wou.
Nie almal sal My herken nie, dog vele sal bemerk dat daar `n buitengewone IEMAND teenoor hulle staan, Wie se woord hulle onvoorwaardelik as waarheid sal aanneem. Eers op die laaste sal hulle My bliksemsnel herken en jubel en prys My wanneer Ek hulle verlaat het en tog as `n onuitwisbare beeld in die harte agterbly by almal wat Ek met My teenwoordigheid sal verbly.
En sodoende sal hulle My weer in die hart vind, ook as Ek vir hulle liggaamlik nie meer sigbaar is nie. Hulle sal voortdurend krag kan put en ywerig die arbeid vir My ryk kan verrig wanneer Ek sal spreek van Bo, en die mense daardeur in uiterste nood gekom het.
Dan sal diegene wat Myne is, baie werk aantref, en Ek self sal hulle help. Ek self sal deur diegene wat Myne is, tot almal spreek wat My wil hoor en wat aan die woorde glo. Ek sal met hulle spreek en u sal van My getuig. U sal van My verskyning vertel en hulle met lewendige woorde vertel wat u in u hart vir My voel.
U sal daardeur baie wen, omdat die nood groot is en die mense vir elke iedere opheldering, vir elke troos en hulp dankbaar sal wees. En u sal vir My en My ryk arbei, omdat u uself gedrewe voel deur My, Ek wie in u harte sal wees en wie u nooit meer sal verloor wanneer u My eenmaal aanskou het nie.
Wie Myne sal word, laat Ek ewig nie meer los nie. Daarom kom Ek na diegene wat Myne is in die tyd voor die einde en hulle sal My herken, want die liefde sê aan hulle wie Ek is. En na gelang hulle liefde is, is ook hulle saligheid by My aanblik.
Wie My in die oë kyk, word deur `n onvergelykbare gevoel deurstroom, sodat hy in My meer as maar net `n mens herken. Wie nog swak is in geloof en liefde en tog uit eie wil na My streef, sal My nie dadelik herken nie, dog My woorde sal hom ontroer en die vuur van die liefde in hom laat ontbrand. Somtyds sal hy My dan eers herken wanneer Ek hom reeds verlaat het, as Ek liggaamlik nie meer by hom is nie.
Ek sal as mens midde onder u kom, maar voor u oë sal Ek `n omhulsel kies wat Ek net so vinnig weer sal oplos om vir u onsigbaar te wees. - Want deur My verskyning wil Ek u almal krag laat toekom, sodat u aan My getrou kan bly en volhard. Daar sal groot krag nodig wees wat u nie alleen sal kan opwek nie, maar Ek ken diegene wat Myne is en sal hulle nie meer aan My teenstander oorlaat nie. Glo daarom steeds aan My hulp en vertrou steeds daarop.
Hoe groter die nood, hoe nader sal Ek aan u wees, u wat My liggaamlik sal aanskou. Dan weet u egter ook dat die uur spoedig gekom het waarin Ek My aan almal sal openbaar wat nie wil glo nie en tog nie sonder kennis is dat die einde naby is nie. Dan is ook spoedig die tyd verby wat Ek die mense ter verlossing gegee het. En dan kom die dag van die einde en daarmee die laaste gerig, soos dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205