Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE REDES VAN DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS
B.D.4802 - 24 Desember 1949
Eertyds moes Ek na die aarde afdaal want die mense, My skepsele, was deur hulle eie skuld in die grootste nood en My Vaderliefde wou hulle nie ten gronde laat gaan nie. Bowendien het My teenstander hom teen My verhef in soverre dat hy My skepsele volledig beheer het, wat hy wel met sy wil maar met My krag verwek het. Hy het hulle in sekere mate die vryheid van wil ontneem, deurdat hy My skepsele so verswak het dat hulle hulle vrye wil nie korrek kon gebruik nie, dit wil sê soos dit vir My welgevallig was nie.
Daarom wou Ek My swakke skepsele help in hulle oorgrote nood. Dit was geen nood wat slegs hulle aardse lewe betref het nie, dit was `n nood wat ewig sou duur as Ek hulle nie te hulp sou kom nie. Ek het medelye met My skepsele ofskoon hulle hulleself in vrye wil van My afgekeer het; dat egter hierdie wil soseer verswak was en hulle hulleself deur My teenstander laat beheers het, was slegs die gevolg van `n gebrek aan liefde.
Die liefde is `n krag wat die wil die moontlikheid gee om hom teen die aanvalle van die vyand van die siel te verdedig. Waar die liefde is, bestaan geen gevaar om `n prooi van die teenstander te word nie, want waar die liefde is, is ook Ek teenwoordig. Maar die mense was sonder enige liefde in die tyd van My geboorte op aarde; behalwe die weiniges na wie Ek toe gekom het om hulle te help, sodat hulle nie in die algehele liefdelose omgewing ten gronde sou gaan nie. En tot hierdie weiniges het Ek na die aarde afgedaal, want hulle was erg in die nood gebring en hulle het tot My in hulle nood geroep.
Maar hulle geloof het swak geword en niemand het meer `n sodanige verbinding met My, hulle Skepper en Vader van ewigheid af gehad nie, sodat Ek My hoorbaar aan hom kon uiter nie. Waar nog enigsins liefde was, het die geloof ontbreek en My teenstander het verskriklik huisgehou, want sy optrede het nog aan die weiniges die geloof in My, My liefde, Wysheid en Mag ontneem. Daarom het Ek self na die aarde gekom en `n menslike liggaam het My opgeneem omdat Ek die mense as mens te hulp wou kom. Ek wou hulle bewys dat `n mens My kon nader en hom met My verbind as hy deur die liefde die wil sterk, en dan bewustelik die vyand van sy siel - My teenstander, bestry.
My liggaam was suiwer menslik, maar was deur `n Ligsiel bewoon van wie ook in die begin elke herinnering aan vroeër weggeneem was, totdat die vereniging met My deur die Liefde plaasgevind het. Toe eers herken die Siel Haarself en Haar missie. Deur die Liefde het die mens Jesus Homself met My verbind, want die Liefde is Krag. Hulle is My OER-substansie, hulle is die Goddelike wat alles deurdring en daarom ook die mens Jesus tot `n Goddelike Wese gevorm het wat vol Krag, Wysheid en Mag is. Sodoende het Ek dus die vorm betrek nadat hulle self die Liefde tot `n woning vir die Ewige GODHEID (God) gevorm het. U mense sal dié misterie moeilik kan begryp, solank die liefde u nog ontbreek, maar waar die liefde is, daar is ook lig en kan Ek self werk en u gees verlig. Ek het na diegene toe gekom wat Myne is, maar hulle het My nie herken nie. Ek wou My aan hulle te kenne gee en moes hulle daarom klaarheid skenk waarom dit in die donker was, waarom hulle My nie herken het nie en waarom hulle in groot gevaar was.
Daarom het Ek die mense deur die mens Jesus onderrig. Ek het hulle My woord gebring wat hulle self nie meer kon hoor nie, maar wat die mens Jesus gehoor het, omdat Hy deur Sy liefde, My in Homself teenwoordig wou laat wees. My teenwoordigheid het beteken dat u mense ook My stem gehoor het, dus kan u My slegs hoor wanneer u uself omvorm tot liefde en deur hierdie liefde My teenwoordigheid toelaat. En wanneer u hierdie liefde in u het, is u sterk en hoef u ook My teenstander, wat u wil verderf, nie meer te vrees nie.
Daarom moes Ek na die aarde afgedaal het, omdat hierdie kennis u ontbreek, maar Ek wil dit weer vir u gee. En daarom kom Ek ook nou weer na Myne, want weer is die nood groot, weer herken die mense My nie. Weer het My teenstander `n sterk mag oor hulle en slegs weiniges roep na My toe om hulp. Ek verhoor hulle egter en is midde onder hulle wat Myne wil wees. Ek skenk aan hulle My woord; Ek bly net nie liggaamlik onder hulle nie, maar werk in die Gees, soos wat Ek beloof het.
Maar Ek sal na die aarde toe kom en Myne kom haal en bring na My ryk, want die aktiwiteit van My teenstander sal toeneem en dit is tyd dat hy weer gebind word. Dit is tyd dat die bokke van die skape (ongelowiges van die gelowiges) geskei word, dit is die tyd van die einde soos dit geskrywe staan; dat Ek sal kom in die wolke om te oordeel die lewende en die dode.
Wie in die liefde bly, by die sal Ek aanwesig wees en hulle hoef die laaste oordeel nie te vrees nie, want vir hulle sal Ek weer die Verlosser wees uit die diepste nood, die Redder wat sal kom van Bo, wanneer Satan dink dat hy sy spel gewen het. Maar dan word hy met kettings gebind, sodat die vrede oor die mense sal kom wat van goeie

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205