Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

OOR DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS
B.D.4847 - 26 Februarie 1950
My wederkoms aan die einde van die wêreld, word betwyfel deur die mense wat nie vasstaan in die geloof nie. Tog kon hulle, as hulle maar net oplettend was, ook die waarheid van My woorde aan die besonderhede van hierdie eindtyd herken het en ook My teenwoordigheid waargeneem het. "Ek bly by u tot aan die einde van die wêreld"; - hierdie woorde alleen moes al voldoende gewees het om uself `n ware beeld te laat vorm van My wederkoms. Omdat Ek nie liggaamlik onder u vertoef nie, sou u dus die betekenis van My woorde geestelik moes verstaan. Ek vertoef geestelik onder Myne tot aan die einde van die wêreld, want Ek is by hulle in elke uur en op elke plek, en dit is sedert My Hemelvaart so - want Ek het gesê: Ek bly by u. En sodoende is Ek geestelik steeds by diegene wat Myne is en Ek bly by hulle tot aan die einde van die wêreld.
Maar Ek verkondig in die tyd ook My wederkoms aan die mense, My koms in die wolke. Dus moet hierdie wederkoms so verstaan word dat die mense My sal kan sien, net soos My dissipels My kon sien toe Ek opgevaar het na die Hemel. Geestelik is Ek dus steeds by die mense wat My teenwoordigheid waardig is. Liggaamlik (te sien) of nie in `n aardse liggaam nie, kom Ek na hulle toe wat My koms verwag. Ek het My wederkoms aangekondig, dus kan u mense dit ook met sekerheid verwag as u My woorde glo en aan hulle behoort wat die laaste einde sal meemaak.
Nie sonder rede gee Ek hierdie belofte voor My Hemelvaart nie, want Ek het die geestelike vlak van die mense van die eindtyd voorsien. Ek sien ook die ontsaglike nood van die gelowiges wat aan My trou wil bly, ofskoon hulle ontsettend verdruk word. En Ek sien hulle worsteling, die moeilikste stryd wat die mense terwille van My Naam moet stry. Ek sien hoe hulle moeite standhou te midde van duiwels en beloof hulle daarom My persoonlike hulp, wat Ek ook sal verleen wanneer die tyd daar is.
Ek self wil na Myne toe kom en hulle bystaan in die laaste stryd, en so sal vele My ook mag aanskou, want Ek sal steeds wees waar die nood groot is en waar Myne is wat My nodig het. Hulle sal My as mens van vlees en bloed sien, dog nie uit `n vrou gebore nie. Ek sal van Bo kom en omhul My met `n vorm wat vir u sigbaar sal wees, sodat u My kan verdra, en elkeen wat My sal sien, sal die krag in homself voel stroom en die laaste stryd deurstaan.
Maar daarna sal Ek in die wolke kom om Myne te haal en te bring na die ryk van vrede. Dié koms sal presies so plaasvind soos My opvaart na die Hemel, maar net omgekeerd. Ek sal stralend in lig, maar deur wolke omhul, - om vir u sigbaar te kan wees -, na die aarde afdaal en Myne versamel, om hulle te red uit die grootste nood en verdrukking van die kant van die demone van die onderwêreld, asook van die vernietigingswerk waaraan alles ten offer val wat leef in, op en bokant die aarde. Maar hierdie koms in die wolke sal slegs gesien kan word deur hulle wat aan My behoort, want die aanhangers van My teenstander sal nie in staat wees om My te sien nie.
Daar is `n geestelike, asook `n aardse wederkoms te sien, dog alleen deur hulle wat wedergebore is. Wie `n diep lewende geloof het en dus sowel My teenwoordigheid tot aan die einde van die wêreld, asook My sigbare wederkoms sonder twyfel erken, omdat hulle hart, - die geestesvonk in die mens -, hulle onderrig het en hulle daarom aan diegene behoort by wie Ek sal bly tot aan die wêreld se einde. Hulle glo dat Ek weer sal kom en hulle geloof sal Ek nie beskaam nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205