Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

TEENSWOORDIGE TYD. GETUIES VAN DIE NUWE AARDE
B.D.5077 - 2 Mei 1951
U almal sal getuies wees van My krag en heerlikheid. U sal My wederkoms deels in die gees en deels in die vlees belewe, want die tyd loop nou ten einde en dit sal geskied soos wat Ek dit altyd en steeds weer verkondig het.
U sal My wederkoms belewe en daarvan getuig in die paradys op die nuwe aarde, want wie aan My trou bly tot aan die einde, sal Ek op die nuwe aarde plaas waar hulle My woord ook aan hulle nakomelinge sal verkondig soos wat hulle dit nou ook doen in opdrag van My.
Ek weet wie daarvoor geskik is en sal My knegte beskerm teen ondergang. Ek sal My eindtyd dissipels van buitengewone krag voorsien sodat hulle hulle amp goed kan uitoefen, sodat hulle moedig kan stry teen almal wat My vyandiggesind is en teen hulle wat haat aan My kinders oordra. Dog sal geeneen van My knegte die aarde verlaat, voordat sy opdrag vervul is nie.
En die laastes op hierdie aarde sal die eerstes op die nuwe aarde wees, waar hulle opdrag ook dieselfde sal wees, naamlik om My woord te verkondig - al is dit ook op `n ander wyse. Dit sal met verlange aangeneem word en daarom gesien word as dit wat dit is, as bewys van die liefde van die Vader wat Sy kinders salig wil maak. Almal sal My stem herken wanneer Ek deur hulle tot die mense op die nuwe aarde spreek, want almal het die vuurproef op hierdie aarde deurstaan en aan My trou gebly. Daarom sal hulle loon ook groot en verblydend wees; hulle mag in harmonie lewe in die paradys op die nuwe aarde, wat geen mens hulleself nog kan voorstel nie, wat hulle egter ten deel sal val sodat My mag en heerlikheid openbaar sal word - en Ek self sal by hulle wees.
Ek sal kom in die wolke en hulle huis toe bring, Ek sal by hulle bly omdat hulle My kinders geword het deur hulle trou wat hulle aan My bewys het in die geloofstryd. Hulle sal My sonder vrees bely en van My getuig sonder om My eers te gesien het, en hulle sal My daarom ook in alle glorie sien voordat die definitiewe einde gekom het.
Wat Ek aankondig sal vervul word, Ek sal weer kom en u sal dit belewe. Nog glo u nie dat die tyd so naby is dat u die verskrikkings, dat hierdie aarde vernietig sal word deur My toelating, sal moet meemaak nie. Nog glo u nie dat die voorspellings deur sieners en profete vir die teenswoordige tyd geld nie, dat u, mense van die teenswoordige tyd, groot dinge sal beleef wat geen mens hulle kan voorstel nie, omdat so-iets op hierdie aarde tot nog toe nie te siene was nie. Maar met afgryse en ontsteltenis sal die mensdom spoedig die gebeurtenisse, wat `n spoedige oplossing van die aarde geloofwaardig sal maak, volg en dan gaan dit baie vinnig die definitiewe einde tegemoet.
Maar My uitverkorenes sal die tyd deurstaan, omdat dit My wil is, omdat ook hierdie tydperk getuies nodig sal hê, moet dié uitgekies wees om van hierdie gebeurtenisse te vertel - sodat My mag en heerlikheid geopenbaar kan word onder die nakomelinge van die geslag op die nuwe aarde. Want dit moet as `n oorlewering behoue bly vir die nakomelinge, omdat daar weer `n tyd sal kom waarin die sonde die oorhand sal kry en Ek nie meer eerbiedig sal word nie. Dan sal hulle `n getuienis, `n vermaning en waarskuwing wees vir die mense wat dan lewe, watter noodlot diegene sal ondervind wat My heeltemal sal vergeet. Dan sal melding gemaak word van die ondergang van die ou aarde en die laaste oordeel wat beslis het oor lewe en dood, oor geluksaligheid en verdoemenis.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205