Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE KOMS VAN DIE HEER. WEGNEMING
B.D.5799 - 30 Oktober 1953
U sal My sien kom in die wolke en die geestelike ryk sal na u toe neerdaal, want u wat aan My getrou bly tot aan die einde, word alreeds gereken as bewoners van die geestelike ryk, ofskoon u nog in die vleeslike liggaam is. U het die rypheid bereik sodat u My van Aangesig tot Aangesig mag aanskou. Maar deur wolke omhul kom Ek u tegemoet, want die hele volheid van My Lig kan u nog nie verdra nie - ofskoon u My sal kan aanskou sonder om te vergaan.
Die voorval van die wegneming en My wederkoms na die aarde is slegs vir My gelowiges verstaanbaar en geloofwaardig. En al motiveer Ek steeds weer hierdie gebeurtenisse en probeer dit vir u te verklaar, wil die mense van hierdie aarde niks ongewoon of onnatuurlik aanneem nie, omdat hulle geen begrip vir die geestelike het nie en iets geestelik daarom ook nie aan hulle geopenbaar kan word nie. En daarom sal hulle My ook nie kan aanskou ofskoon u, My gelowiges, jubelend en verlangend julle hande na My sal uitstrek; - hulle egter, sal heeltemal niks sien nie.
Maar die voorval van die wegneming sal vir hulle nie heeltemal verborge bly nie en dit sal hulle in groot vreesagtigheid stort. Want ook dit is onnatuurlik dat u My tegemoet sal sweef en Ek Myself na u toe sal trek, dat u liggaam die aarde lewend verlaat, om die Hemel, die lig tegemoet te gaan. Maar ook daardie lig sal die ongelowiges nie kan sien nie, want wanneer hulle nog teenstand bied, het hulle geen toegang tot die lig nie.
Deur die voorval van die wegneming, die mees ongewone ervaring op hierdie aarde, kan die mense hulle, wat tevore die kennis daarvan ontvang het, nog bekeer ofskoon hulle dit nie aangeneem het nie. Dog `n kort gedagte daaraan, kan die mens tot op die laaste oomblik aanspoor om na My te roep en hy sal dan nog gered wees voor die ondergang.
Daarom laat Ek die wegneming vir vele sigbaar wees, om elke reddingsmoontlikheid uit te buit, maar die harte van die mense sal alreeds so verhard wees dat hulle nie in staat sal wees om My liefde te kan herken nie. U sal My egter sien en al die leed sal vergete wees, want dan is u geen bewoner meer van hierdie aarde nie, maar van My ryk - want `n oord van vrede neem u op sodat u nooit meer aan die ou aarde sal dink nie.
My koms in die wolke is al aan u mense aangekondig sedert My Hemelvaart en daarom was Ek al dikwels deur Myne verwag. Maar My koms beteken ook die einde van hierdie aarde, en eers wanneer `n verlossingstydperk verby is, is Ek te wagte, omdat My koms die einde beteken en `n nuwe tydperk met die wegneming begin. Maar eers moet alle voorwaardes, wat `n oplossing van die aardse skeppings vereis, herkenbaar wees, want sowel My wederkoms na die aarde, asook die wegneming van diegene wat Myne is, kan nie plaasvind solank die definitiewe oordeelsdag vir die mense nie gekom het nie. Beide hierdie verskynsels sou vir die nog lewende ongelowige mense `n geloofsdwang beteken, maar Ek laat niks ongewoon gebeur om die mense te dwing om aan My te glo nie. Eers die definitiewe einde op hierdie aarde sal dit bepaal, want eers die definitiewe einde op hierdie aarde sal `n skeiding van die geeste tot gevolg hĂȘ.
En dan kom Ekself tot diegene wat Myne is en kom haal hulle, sodat hulle gevrywaar is van die groot nood. Omdat hulle nou hulle loon ontvang vir hulle trou en nou jubel hulle en gee Hom lofprysing, Hy Wie hulle nou in alle Heerlikheid aanskou.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205