Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

SKYNBARE RUS - ONGEWONE KRAG. DIE KOMS VAN DIE HEER
B.D.5972 - 8 Junie 1954
Oor die trou wat u aan My bewys in die laaste tyd voor die einde, wil Ek u
beloon met `n buitengewone bron van krag, sodat selfs die moeilikste vir u draaglik sal lyk, sodat u in staat sal wees om te volhard totdat Ek self sal kom om u te haal. U sal die liefde van u Vader duidelik ervaar, u sal My teenwoordigheid bemerk en daarom in alle nood na my toe kom. U sal so innig met My verbind wees, dat u sonder vrees, en met die sekerheid om te oorwin, die einde met die oog op die geestelike denke, dit wil sê alle belewenisse met die oog op die geestelike ontwikkeling sal bekyk en ook verstaan, - waarom alles gebeur het soos wat u dit beleef het. U sal sien, wanneer u u weg met My wandel, hoe maklik u ook die moeilikste sal verduur.
Daarom hoef niemand, wat hulle met My verbind voel, wat aan My wil behoort en My nie tersyde skuif waarmee hy ook al begin het nie, die laaste tyd te vrees nie.
Die wêreld sal sy gang gaan en skynbaar tree daar `n rus in. Maar dit is slegs die stilte voor die storm wat sal uitbreek wanneer dit die minste verwag word. Want die Satan sal onder die mensdom woed en sal nie rus alvorens hy nie alles versteur het nie, totdat dit hom gelukkig maak om die mense te verwar sodat hulle meer en meer teen mekaar sal draai en in haat strydend teenoor mekaar sal staan, sodat hulle mekaar in liefdeloosheid oortref en hom daardeur groot mag gee wat hy op `n verskriklike manier sal benut.
Diegene wat Myne is, sal besonder aangeval word deur hom wat die mense sal aanhits om u te vervolg, terwille van u geloof. Myne sal ontsteld raak en angstig word, maar sodra hulle aan My dink, sal hulle reeds die nodige krag verkry. En hulle sal dan die stryd begin, omdat hulle weet dat hulle vir My stry, dat Ek, as Leëraanvoerder, hulle sal voorgaan, dat hulle sy aan sy met My sal stry en nooit kan verloor nie, selfs al staan `n vyand, veel groter in getalle, voor hulle.
Wie aan My trou wil bly, sal dit ook kan doen, want Ek verlaat hom nie en hy gaan nie ledig heen as hy hom om krag en bystand na My toe wend nie. Wie se wil aan My behoort, is reeds van My en hulle laat Ek nooit in die hande van My teenstander val nie.
U mense moet met sekerheid reken op `n moeilike tyd wat voorlê en u krag geheel en al sal opeis, maar u sal nie ongewaarsku bly nie, u sal steeds weer `n boodskap van Bo kry. En u sal daaruit reeds krag kan put wanneer u sal sien hoe alles wat Ek voorspel het, vervul word.
U geloof sal steeds sterker word en vol vertroue sal u My koms verwag. En waarlik nie tevergeefs nie, want as die aardse nood ondraaglik word, sal Ek kom om u te haal en u aan die hande van u vyande te ontruk. Hulle sal nie die oorwinning oor u behaal nie, want Ek sal My teenstander kluister, en saam met hom almal wat hom onderdanig is, soos wat dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205