Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE KOMS VAN DIE HEER IS LETTERLIK TE VERSTAAN
B.D.6037 - 29 Augustus 1954
Die uur van My wederkoms kom steeds nader, want die einde van die aarde is naby. En as die laaste dag kom, sal Ek in die wolke kom om diegene wat Myne is, voordat die aarde haar ontbinding tegemoet gaan, te kom haal. Dit beteken egter nie dat die aarde as hemelliggaam sal vergaan nie, maar dat `n verandering van haar totale oppervlak sal plaasvind, wat vir u mense gelyk is aan `n algehele vernietiging, omdat niks wat lewend is, aan hierdie vernietiging sal ontsnap nie, omdat al die geskapenes daardeur getref sal word.
En daarom kan Ek ook Self na die aarde toe kom om diegene wat Myne is, van daardie vernietigingswerk te ontruk, want daar sal buiten My gelowiges, niemand wees wat die laaste vernietigingswerk sal oorleef en later daaroor kan berig nie.
Ek self sal kom wanneer Myne geen uitweg meer het nie, wanneer My teenstander openlik teen hulle sal optree vanweë hulle geloof, want hulle sal tot die einde toe groot verdrukking ondervind. En alleen hulle vaste geloof sal hulle staande hou en in hulle in staat stel om te weerstaan, want hulle verwag My koms en hulle geloof sal Ek nie teleur stel nie. In stralende lig sal Ek verskyn, maar tog My Glans omhul, sodat Myne hierdie Glans kan verdra.
Maar wat by Myne groot vreugde en jubel teweeg sal bring, sal vir die ander tot ontsetting, tot `n oordeel wees. Hierdie mense sal My weliswaar nie kan sien nie en tog die ongewone gebeurtenisse waarneem, wanneer hulle die wat hulle vervolg het, voor hulle oë ten Hoë sien verdwyn.
Hierdie belewenis word vir hulle tot `n oordeel, want skielik word hulle boosheid vir hulle duidelik, en ook die sekere einde wat hulle nie kan misloop nie, staan nou vir hulle vas. Sou hulle My in daardie uur kon sien, dan sou hulle beide hande na My toe uitgestrek het. Maar hulle oorgawe aan My sou doelloos wees, omdat dit `n gedwonge geloof in My sou beteken, teweeg gebring deur die bonatuurlike verskyning van Myself.
Ook die wegneming van diegene wat Myne is, kon hulle geloof in My nog laat oplewe het en Ek sou hulle nog in die laaste uur barmhartig gewees het, maar hulle is te sterk vasgeketting aan die teenstander. Hulle kan hulle nie meer van hom losmaak nie en sal daarom in die aarde versink, en hulle lot sal die hernieude kluistering in die materie beskore wees.
My koms op die dag van die oordeel word deur byna alle mense betwyfel, en tog word My belofte vervul wat sê: Ek kom na u toe en u sal My kan aanskou in Glans en Heerlikheid. Myne het waarlik die redding uit die diepste nood verdien, omdat niks meer vir hulle bonatuurlik lyk, wat met die einde wat as verseker herken word, saamhang nie.
Die einde sal kom en Ek self sal neerdaal na die aarde toe soos Ek eens in alle glorie sal opvaar na die Hemel, alleen sigbaar vir hulle wat in My geglo het, wat My dissipels is in die laaste tyd voor die einde.
Dit is geen bybelse woorde en geen gelykenisse vir komende gebeurtenisse nie, dit is die gebeurtenisse self en dit sal letterlik gebeur soos wat Ek dit aan u beloof het. En u kan hierdie dag verwag omdat u buitengewoon gekwel sal word deur hulle wat aan My teenstander onderdanig is.
Sodra die geloofstryd sal begin, sal weet u dat die laaste uur spoedig sal aanbreek. Want dit is sy laaste daad, wat met sy uiteindelike nederlaag eindig. En dan sal daar weer `n tyd van vrede op die nuwe aarde aanbreek, want met My koms na die aarde en met u wegneming is hierdie aardse periode beëindig, en begin daar `n nuwe.
Die aarde sal in `n algehele nuwe vorm verander word. En u, wat Ek sal kom haal, u sal die bewoners wees van hierdie paradysagtige wêreld. U sal `n tyd van vrede en van hemelse geluksaligheid smaak, in die paradys van die nuwe aarde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205