Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VOORSPELLINGS VAN DIE PROFETE. DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS
B.D. 963 - 13 Junie 1939
By die wederkoms van die Heer op aarde word die voorspellings van alle profete vervul, want daar staan geskrywe dat die mensdom dan Sy wil nie meer sal eer nie. Maar daar staan ook geskrywe dat sommiges Hom tog nog sal dien, dat die Heer na hulle toe sal kom en hulle sal versterk in die tyd van groot nood. Dat Hy vir hulle, wat Syne is, die brood van die Hemel sal gee, dat Hy met hulle die nagmaal wil hou as hulle Hom maar net sal liefhê en Sy gebooie sal onderhou. Dat hulle Sy stem sal hoor, dat Hy by hulle sal wees nog in hulle aardse lewe en dat Hy op aarde te midde van hulle sal wandel.
Maar die mense wil hierdie voorspellings nie woordeliks inneem nie en probeer om die woorde van die Heer te verswak. Hulle het aan die woorde `n ander vorm, asook `n ander betekenis gegee en wil nou hierdie omgevormde woorde nie glo nie. Daarom dink u mense dat HY, wat u tog die naaste aan is, ver verwyderd is. U hoor Sy stem nie meer nie, want u hele denke en gevoel is afgewend van die Goddelike, en daarom heg u ook geen waarde aan die voorspellings nie.
Wanneer u self nie meer weet dat die Heer u met Sy aanwesigheid wil verbly nie, wanneer u nie wil glo dat Hy u liefhet nie, hierdie liefde verlaat het en weer na die mense toe sal gaan, dan sal u ook nouliks die eindelose geluk van Sy wederkoms kan ervaar nie. U sal slegs die aardse lewe sien en glad nie ag slaan op die geestelike stromings wat aan u verduidelik sal word nie - wanneer die Heer onder diegene wat Syne is, sal vertoef.
Gedurende die eindtyd neem die Heer as te ware deel aan alle gebeure, en dan is dit maklik vir die aardse kinders, wat Hom reeds deur hulle liefdadigheid in hulle hart dra, om Sy nabyheid te bespeur. Want vir hulle word die betekenis van die voorspellings duidelik, en hulle sal dan nou kan insien hoe woord vir woord van die SKRIF vervul word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205