Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

LAASTE SKEIDING. DIE KOMS VAN DIE HEER
B.D.6979 - 29 November 1957
Daar was deur alle tye mense wat hulle aan die invloed van My teenstander oorgegee het, maar daar was ook diegene wat ernstig na My gestreef het en hulle aardse lewensdoel vervul het. En op die aarde sal daar altyd mense van beide wees, solank as wat hulle vir die geestelike as verblyfplek dien.
Altyd, voor die einde van `n verlossingstydperk sal die aantal mense wat hulle aan My teenstander oorgee, die aantal mense wat na My strewe, ver oorskry, soos in die begin van `n ontwikkelingstydperk egter ook die omgekeerde die geval sal wees. Want in die begin van so `n tydperk, sal die aarde slegs die mense, wat My wil heeltemal aanvaar het, op wie My teenstander geen enkele invloed meer kan uitoefen nie, tot verblyfplek dien.
Sodoende staan mens, in die tyd voor die einde, in verwondering dat die aktiwiteit van My teenstander, hulle steeds meer laat sien. Daar is as te ware op aarde diegene wat geestelik beliggaam is, wat in sy weerstand teen My slegs weinig verswak is, ofskoon hy ook die eindelose lange weg deur die skeppings gegaan het. En hy het dus `n sekere staat van volwassenheid bereik wat `n beliggaming as mens toegelaat het.
En nou bestaan dus ook die moontlikheid dat hy die wilsbeproewing op aarde deurstaan het omdat, ten spyte van die versterkte aktiwiteit van My teenstander, Ek ook buitengewone hulp verleen, en My oor die verswakte mensdom ontferm. Maar meestal sal die weerstand in hulle opnuut na vore kom, daarom het die teenstander `n maklike werk om hulle terug te wen. Dat daar egter in die eindtyd ook besonder gelowige mense sal wees, wat met alle ywer My ryk sal probeer verwerf, is `n bewys dat dit, ondanks die versterkte inwerking van die teenstander, moontlik is. Maar die meeste van die mense wat nou op aarde lewe bied My al baie lank weerstand, anders was hulle alreeds voor hierdie tyd tot beliggaming toegelaat. Uitgesonder hiervan is die enkele siele wat op die aarde gekom het met `n doel om die mensdom in die groot geestelike nood te help.
Dit gaan dus oor die laaste skeiding, die kaf word van die koring geskei en vooraf word alles gedoen om `n goeie oes te behaal. Alle siele word gehelp om vry te word van hom, aan wie hulle reeds ewighede aan geketting was, maar die uiteindelike beslissing lê by hulleself.
Die mense kan nou al konstateer dat `n waarlik sataniese gees in die wêreld heers, dat die mense `n prooi van hom is en gewilliglik uitvoer wat hy hulle beveel om te doen. Die wêreld is vol duiwels en dit sal nog duideliker word hoe nader ons aan die einde kom. Want waar daar maar `n mens van swakke wil is, sluip hy binne en versterk hierdie wil op `n negatiewe manier, sodat daar dinge in die wêreld gaan gebeur wat alleen net die Satan as oorsprong kan hê.
En omdat die aantal van hulle wat hom onderdanig is, meer is, sal die stryd teen die kleiner groepie, wat Myne is, wat My as doel het, wat aan My getrou wil bly en sodoende aan hierdie aanvalle blootgestel is, ontbrand. Hierdie klein groepie sal ook weet dat die tyd ten einde geloop het en sal My wederkoms verwag, omdat die nood ondraaglik sal word waaruit Ek hulle sal red, soos wat Ek dit aan hulle beloof het.
Die mense hou hulle maar weinig by hierdie beloftes en voorspellings aangaande die einde. Hulle is nie meer in staat om te glo nie, omdat dit `n ander tyd is waarin hulle lewe, en alles wat geestelik is, lyk vir hulle onrealisties.
Maar hulle hoef maar net ernstig op te let op die verskynsels wat elkeen rondom homself kan ervaar of waarneem, en hulle moet dan ook aan die voorspellings en aan die gevolge wat op hierdie tyd wys, dink.
My teenstander sal in die einde groot mag hê. Dit is voorspel en dit is ook deur alle mense te sien dat die mense onder die invloed van Satan staan, geheel onverskillig of hulle dit wil aanneem of nie - want sy werke is onmiskenbaar. Maar ook My arbeiders sal nagegaan moet word, want hulle sal hulle aan My self moet bewys: `n Mag wat sterker is as die ander. Ook Ek openbaar Myself aan hulle wat hulle afsonder van die teenoorgestelde gees, hulle wat hulle aan My oorgee en My om krag en hulp bid.
En Ek sal My sigbaar aan hulle openbaar wanneer die dag kom dat Ek die bokke van die skape sal skei, wanneer Ek My teenstander, en sy aanhang saam met hom, sal bind. As Ek diegene wat Myne is, sal red uit hulle nood en hulle lewend wegneem van hierdie aarde, sodat hulle My MAG en HEERLIKHEID kan ondervind - getrou aan My belofte.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205