Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE KOMS IN DIE WOLKE
B.D.7944 - 18 Julie 1961
Ek het aan u almal gesê dat Ek weer in die wolke sal kom, dat Ek net so na die aarde sal afdaal soos wat Ek eens opgevaar het na die Hemel. Dat diegene wat Myne is, My in Glans en Heerlikheid sal aanskou soos My dissipels My eens aanskou het, dat Ek Myne sal wegneem vanaf die aarde wanneer die dag van die einde gekom het.
Ek het alreeds tevore, as die Woord, na die aarde toe gekom, want EKSELF is daardie Woord en Ek het u beloof om by u te bly tot aan die einde van die wêreld. Maar My sigbare koms staan nog voor u, want dit vorm die afsluiting van `n aardse tydperk en die begin van `n nuwe. My koms in die wolke moet letterlik geneem word, dog slegs weiniges sal My aanskou, want My kudde sal klein wees en alleen Myne sal My aanblik kan verdra. Slegs vir Myne sal Ek sigbaar wees en sal Ek My mag en heerlikheid laat sien.
En dit is u hoop in ure van nood en verdrukking deur die God vyandige magte, want aan die einde sal alles vyandig teenoor God gerig wees. Die maghebbers en hulle aanhangers, die mense wat hulle in die geloofstryd aan hulle kant sal skaar en My verloën, hulle almal sal optree teen u wat My getrou sal bly en wat standhou tot die einde.
Hulle sal u meedoënloos bedreig, maar dan moet u hoop op My koms - want Ek laat u nie na liggaam en siel in nood nie. Want Ek sal u red, wegneem en bring na `n plek van vrede, en u geloof sal dan so sterk wees dat Ek My self aan u kan laat verskyn - wanneer Ek sal kom in die wolke om te oordeel die lewende en die dode.
Dan word die skeiding van die geeste volbring en My teenstander sal dan geen mag meer oor u hê nie, want hy en sy aanhang sal gebind word vir `n baie lang tyd. Slegs min mense glo in alle erns dat My wederkoms naby is, maar die tyd is vervul en Ek sê nie meer; "Ek kom wanneer die tyd vervul is" nie - nee, die tyd is vervul.
U hoef nog maar op `n baie kort tyd te reken, met slegs min dae - gemeet aan die eindelose lang tyd, wat sedert `n einde voorspel is, alreeds verby is. U leef, al wil u dit nie erken nie, in die laaste tyd, en My koms staan u te wagte. Sorg daarom dat u ook tot die uitverkorenes, die wie My koms liggaamlik mag belewe, behoort, die wie My mag aanskou in Mag en Heerlikheid en wie Ek sal wegneem kort voor die einde.
U moet slegs tot hulle wil behoort, dan sal Ek u ook die krag gee om by die wil ook die daad te kan voeg. Laat u steeds deur My aangespreek word en probeer om aan My wil te voldoen, dan sal u ook die band met My herstel. U sal u by My aansluit en ook as Myne getel word, hulle wat Ek sal red voordat die einde kom. Want dat Ek self sal kom is verseker en dat almal wat lewendig in My sal glo en aan My liefde betoon; My sal kan aanskou, dit moet u sonder twyfel glo, want My woord is waarheid en sal vervul word.
Die mense wat My koms ontken en die koms slegs figuurlik wil verklaar, het nie so `n sterk geloof dat hulle met My in verbinding is nie, maar tydens die groot nood voor die einde, sal hulle, wie van goeie wil is, se geloof versterk word. Hulle sal dan ook self My koms afsmeek, omdat hulle slegs by My redding verwag, wat vir hulle van die ander kant nie meer kan kom nie.
U moet glo dat Ek u sal red uit die diepste nood en die uur verwag waarin My belofte vervul sal word, want dan sal My teenstander verslaan wees en met hom sy groot aanhang - wat weer deur die aarde opgeneem sal word. Daarom hoop en volhard, u wat aan My wil behoort, want die uur van bevryding sal vir u kom. Die dag van die skeiding van die geeste kom, daar kom `n aardse en geestelike ommekeer wat u sal belewe en wat vir u steeds weer in woord en geskrif aangekondig sal word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205