Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE SIGBARE AANWESIGHEID VAN DIE HEILAND. GRAAD VAN LIEFDE
B.D.1077 - 31 Augustus 1939
Diegene wie My soek, hy sal My ook herken waar Ek hom ontmoet, want sy gees is uit My en dus sal niks hom van My skei nie. Ek sal in lewende lywe, onder hulle wat Myne is, wees en hulle innerlike stem sal aan hulle My aanwesigheid verraai. En wanneer hulle My wil dien, sal hulle swyg en My nie in die openbaar bekend maak nie, want Ek is dan slegs vir die kind, wat in die innigste liefde met My verbind is, sigbaar. Ek sal vir daardie kind sigbaar wees, dog vir die ander, wie se gees My nog nie herken het nie, verborge wees. Maar die uur van My koms is vir u nog `n geheim, want slegs die graad van liefde sal My tot u en tot in u midde voer.
Die belofte wat Ek Myne gee op aarde, sal getrou, woord vir woord vervul word, want op aarde sal hulle wat My in hulle dra, My mag aanskou. En elke woord uit die mond van so `n kind sal getuig van My heerlikheid, en sy stem sal helder klink wanneer hy My lof en ere toesing. Sodra Ek onder u, My kinders, vertoef, hoef u nooit meer die aardse leed te vrees nie, want dit sien u nie meer raak wanneer u in My Vaderoog gekyk het nie, want dan sal aardse leed u nie meer kwel nie.
Ek kom na Myne om hulle hierdie krag te bring, sodat hulle die stormloop, wat hulle van buite af bedreig, kan trotseer. My Gees sal u dan leer om die wat honger is en die wat dors is te kan voed en laaf. Oral waar u saamkom om My woord te verkondig, daaraan neem Ek ook deel en sterk hulle wat in My Naam spreek. Sodoende maak Ek Myself bekend deur die mond van die mense, want Ek kies My stryders uit. En wie met My, en wat van voornemens is om slegs vir My te stry, sal ook die krag ontvang om goed te kan stry met die “swaard van sy mond”. En dan sal hy as oorwinnaar uit die stryd te voorskyn kom, omdat dit Ek is wat hom lei.
Wie My aanskou, kan nie meer anders as om My met sy hele siel te dien nie. Hy vrees dan ook geen teenstander meer nie, want angs en moedeloosheid is vir hom dan vreemd omdat My beeld onuitwisbaar in sy hart afgedruk is en vir hom van nou af aan die stimulant is tot die hoogste ontplooiing van sy wil.
Die wêreld sal met verbasing die krag, van hom wat vir My opkom, ondervind. - Hulle sal hulle wel teen hom draai, maar sal sy wil nie kan verswak nie. As moedige stryder sal hy nou onvermoeid veg en sal nog vele siele na die ligvolle ewigheid toe lei, want hulle sal deur hom tot die besef kom die krag en die mag van die geloof in My, die Heiland en Verlosser van die wêreld.
AMEN
B.D.3569
6 Oktober 1945

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205