Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VERWYSING NA GEBEURTENISSE WAT SPOEDIG KOM. VOLEINDING
B.D.4108 - 21 Augustus 1947
Verwag spoedig My koms, want daar is nie meer veel tyd tot die einde nie. U sal binnekort dinge belewe wat bevestig wat My liefde u reeds lankal bekend gemaak het, naamlik dat die laaste fase voor die einde reeds begin het. U sal uself afvra waarom Ek nog sulke onheil toelaat, waarom Ek so `n groot nood oor die mense laat kom? - Maar steeds kan Ek u slegs as antwoord gee dat dit nodig is vir die mensdom wat My nog nie herken het nie, wat alle gebeure slegs met aardse oë beskou, en egter nooit die geestelike ontwikkeling van die mens daarmee in verband bring nie. Dit is onherroeplik die laaste smarte, en onherroeplik kom ook spoedig die einde.
Steeds wys Ek u daarop dat u nie wêreldsgesind deur die aardse lewe mag gaan nie. Dit sal in elke geval slegs nog `n kort tydjie duur, maar voor u nog van die grootste betekenis kan wees wanneer u uself nog in hierdie laaste tyd oor u bestemming besin, en u hiermee ooreenstemmend nog die lewe ten volle wil benut. U mense is ewenwel nog lou en onverskillig teenoor My vermanings en waarskuwings, want u glo nie in My woord nie.
Ek kan u egter geen verdere bewys gee van die waarheid van My woord nie, want u moet sonder beïnvloeding die ware weg gaan. U moet u deur uself gedrewe voel om dit te doen wat My wil is, anders kan u u siel nie laat rypword nie. Maar `n duidelike bewys kan u uit die komende gebeurtenisse aanneem, want Ek kom daardeur ongewoon nader tot u, My openbarend aan hulle wat die kennis het van My barmhartigheidsgawes en aan hulle dit sodoende bevestig sodat hulle My kan herken. En dit sê Ek met sekerheid aan u wat My wil dien, dat u geen lang lewensduur meer het nie, dat `n missie op u rus wat geen uitstel meer duld nie. En dat u terwille van hierdie missie uself voortydig moet oortuig van die waarheid van My woord, sodat u dit sonder enige belemmering kan versprei.
Sodoende sal u alles in vervulling sien gaan wat Ek u verkondig het in woord en geskrif. U sal leer om die wêreld te verag en u uitvoeriger met die geestelike ryk besig te hou tot u voordeel, tot omvorming van u siel. Tallose ligwesens staan My ter beskikking en deur hulle werk Ek steeds weer op u mense in deurdat Ek u gedagtes blywend op die komende gebeure rig, deurdat Ek u so lank deur nood en ellende laat gaan totdat u self na `n ondergang van die aarde verlang om die sware verdrukking deur die medemense te ontgaan. Want dan sal u uself langsaam op die einde voorbeberei, dan glo u daaraan en doen moeite om welgevallig teenoor My op aarde te lewe.
`n Onbeskryflike chaos sal na hierdie tyd volg. Verwag dan vol vertroue My hulp in die grootste nood, want Ek het dit aan u verkondig en Ek laat u geloof nie tot skande word nie. Sodoende het u, deur My woorde, die grootste sekerheid dat u geen leed aangedoen sal word nie, terwyl dit van alle kante op u sal aanstorm. U hoef My egter maar net u liefde te gee, en wanneer u My liefhet, sal u ook na My verlang. Daarom kom Ek om u weg te neem van die plek van die verderf en bring u na My ryk waar u nimmermeer vervolg sal word nie, waar Ek alleen heers en die bose geen toegang toegelaat word nie.
Alle nood sal dan vir die gelowiges ten einde wees, vir die ander egter sal die nood dan eers begin soos wat Ek dit verkondig het. Hulle sal verdoem word in die duisternis, hulle sal gekluister word op die nuwe aarde in skeppings wat u uself nie kan voorstel nie totdat u die nuwe aarde self sal bewoon.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205