Boek 9 - Die wederkoms van Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

STILTE VOOR DIE STORM. DIE SIGBARE VERSKYNING VAN DIE HEER
B.D.4126 - 16 September 1947
`n Bang tyd van nood en lyding lê voor u, en u kan die tyd daarvoor, waarin u nou leef, beskou as `n stilte voor die storm. Waarin u nog `n lewe lei volgens die ou gewoonte, waarin u nog van welstand kan spreek teenoor die armoede en die ontberings wat u daarna te wagte staan.
En tog is dit `n tyd van barmhartigheid, `n tyd waarin Ek duidelik herkenbaar is, waarin die lewe alleen draaglik sal wees as u uself in gedagtes diep met My verbind, omdat u dan nooit alleen is nie, maar My altyd as Behoeder en Beskermer by u kan hê. Want Ek sal My duidelik deur u laat sien; enkeles sal Ek benader in die vorm van Hom, Wie My in hele volheid in Hom bevat.
Waar die liefde tot My sterk is, sal mense My herken, ook wanneer Ek as mens onder mense vertoef. My oog sê aan hulle wie Ek is, en hulle harte ontvlam dan tot My in die vurigste liefde wat hulle nooit aan `n medemens sou kon betuig nie. Ook Ek kom hulle met die innigste liefde tegemoet, Ek sal hulle onderrig waarin hulle nog onwetend is en hulle ook troos inspreek in ure van nood. Hulle sal dan die moeilikste situasies oorwin en nie moedeloos word nie, want hulle sal My hulp ondervind en waar Ek hulle sigbaar nader is hulle vol krag en diep geloof. En wanneer daardie geloof `n mensehart vervul, bestaan daar geen drukkende nood meer nie, want hulle verlaat hulle dan geheel en al op My en Ek sal hulle geloof waarlik nie teleur stel nie.
Wie egter sonder My voortgaan, sal die nood van die tyd nouliks kan verdra, want Ek wil hom nie in geestelike nood laat nie en moet hom derhalwe gevoelig met aardse nood tref, totdat hy sy weerstand teen My opgee, totdat hy gelowig word en van My hulp verwag.
Sodoende is u aan groot nood en lyding prysgegee, waardeur Ek u heeltemal sou wil wen. Maar ook krag en barmhartigheid staan ter u beskikking wat u help om My te wen. Ek wil slegs u liefde besit, en wanneer Ek dit besit, dan kom Ek u al tegemoet. En dit gebeur in die laaste tyd ook sigbaar om die geloof van u en u medemense te vergroot, aangesien u buitengewone sterkte en troos nodig het. Dus hoef u die swaar tyd wat voor u staan, nie te vrees nie, want met My hulp sal u dit deurstaan.
Tog bly dit `n barmhartigheidstyd, en die las wat Ek u oplê kan lig vir u wees as u die barmhartigheidsgawes goed gebruik. Om My te verwerf, om My te mag aanskou met liggaamlike oë, sal waarlik die kruis word wat u sal moet dra tot aan die einde. Maar as kruisdraers kom vir My ook in aanmerking hulle wat hulle toevlug tot My neem en vir My om My bystand bid, want Ek verkort ook om hulle ontwil die dae tot aan die einde. Ek ken elke nood van iedere wese en wat aan My trou is, is My ware kinders, wat waarlik nie vergeefs tot My om hulp roep nie.
Skrik daarom nie vanweë My aankondigings nie. Gaan doelbewus en rustig die komende tegemoet. Maak u los van die wêreld en verwag My, want Ek sal kom. Eers net vir enkeles, dan om Myne op te neem in My ryk, om hulle weg te voer van die plek van die verderf en te bring in die ryk van vrede - waar hulle `n salige lewe sal lei soos in die paradys.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205