DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Die Boek van Debora
Inleiding.
Debora, die rigter, was ‘n uitverkorene van MY, sy het MY verbly. In MY krag het sy vooruit getrek om die vyand te verslaan. Sy het MY altyd verhoog en geprys in die lofliedere wat sy gedig en aan MY voorgedra het. Sy het haar vryheid in MY gevind en was oor niks anders as EK begaan nie. Daarom het EK aan MY volk die oorwinning gegee en sy het MY altyd daarom geprys, ”Want die lof en die eer kom toe, Jahweh, die Elohim van ons vaders”.
EK het Debora bomate geseën, omdat sy MY bo alles liefgehad het en dit MY welgeval het. Nou sal julle MY vra hoekom EK ‘n vrou opgeroep het? MY antwoord aan julle is, dat daar niemand in Israel was wat MY so welgeval het as Debora nie. Slegs sy was opgewasse en waardig vir die taak wat EK aan haar opgedra het.
Nou sal julle sê dat Debora nooit geveg het nie en dat Barak die veggeneraal was. EK sê vir julle dat Debora wel in MY Naam geveg het deur die bose te bestry en MY vegsmanne te versterk deur die liedere wat sy tot MY eer gemaak het.
En waarlik, keer op keer het EK aan Debora die oorwinning gegee, omdat sy vir die behoud van haar volk gepleit het en sy bereid was om haar lewe te gee tot redding van die volk. Debora het MY bo alles liefgehad en was MY gehoorsaam. Sy was ook ‘n profetes van MY en die volk het haar baie gerespekteer. Hulle het haar lofliedere gesing en MY oor elke oorwinning geprys.
Debora het uitgegaan in koordanse en die vroue en meisies het by haar aangesluit om die oorwinning te vier. Debora se liedere het in MY oor opgestyg en EK het MY genade op haar laat reën en MY seën op haar uitgestort.
Wees daarom soos Debora en wees bo alles lief vir MY en EK sal jou seën met die ewige lewe. By MY sal jy dan vir altyd wees en geen skeiding hoef jy dan te vrees, want jy sal MY aanskou.
Amen.
Dit is die begin van MY boek oor Debora en EK sal julle baie onbekende dinge omtrent haar meedeel.
Amen. Verstaan dit en pas dit toe en EK sal jou seën, soos EK Debora geseën het. Ja, MY seën en onuitputlike krag sal julle te beurt val.
Amen.
Hoofstuk 1.
Die sleutel tot MY
MY kinders die sleutel tot MY is die liefde. As julle MY opreg liefhet, sal julle MY aanskou en sal EK die oorwinning aan julle gee.
Die eerste stryd wat julle moet stry is om julle liggame en verstande te oorwin en volkome te kruisig. In MY krag sal julle dit kan doen en so sal julle Een word met MY.
As julle MY liefhet, sal julle bereid wees om julle liggame oor te gee om gekruisig te word. Dan sal julle al met MY Een wees en dit sal julle nie pla om van julle liggame afstand te doen nie. Julle sal deur MY versterk word tydens julle reiniging en julle sal weet dat EK julle nie aan die bose oorlaat nie.
Wees dapper en volhard op MY weg, dan sal krag jou tebeurt val en jy moet onthou dat EK jou weë gelyk maak met MY liefde en EK roep jou “Kom!”
Dit is MY liefde wat sag in julle harte spreek en julle roep om alles agter te laat , want in MY sal julle soveel skatte vind. Laat MY die Een wees na Wie jy verlang en EK sal in al MY liefde na jou kom en MY aan jou openbaar.
Amen, luister MY kleintjies en laat MY liefde in julle harte gedy.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205