DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 4
Die roeping van Debora.
In die Bybel word daar vertel van Debora wat by die palmboom regspraak gegee het, en dat verskeie mense opgetrek het na haar om regspraak en ook aangaande MY van haar te hoor.
EK het Debora geroep en sy was eers nie seker of dit wel EK is nie. EK het MY aan haar geopenbaar as ‘n sagte stem en sy het MY toe herken. Ja, EK het Debora met krag vervul en haar uitgestuur om MY lof te verkondig. Sy moes die boodskap van oorwinning dra en aan MY verknegte volk meedeel.
Sy het dit met vreugde gedoen en het gejubel tot MY lof.
Al hoe meer lofliedere het in haar hart ontspring en sy het sonder ophou vir MY gesing. Dit het haar en ook die volk sodanig versterk dat hulle geen oorlog gevrees het nie, maar die stryd vol krag tegemoet gegaan het.
Alle krag kom van MY en dit moet julle nog leer. Julle moet leer om nie op julle eie krag staat te maak nie, maar julle moet vra om innerlik deur MY versterk te word, want innerlike krag dra die liggaam tydens moeilike omstandighede. Innerlike krag, wat van MY afkomstig is, maak baie ‘onmoontlike’ dinge moontlik.
Debora het haar krag van MY ontvang en sy was suksesvol in alles wat sy aangepak het.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205