DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 5
Debora, die vrou van Lappidot.
MY Debora was die vrou van Lappidot, maar sy het ‘n maagd gebly uit haar groot liefde vir MY. Sy het haarself wel ‘n moeder in die volk genoem, maar dit dui op die respek van die kinders van Israel, wat hulle vir haar gehad het, want Debora was ‘n gerespekteerde vrou en baie het haar liefgehad en baie het haar ook gevrees, omdat MY Gees kragtig in haar werksaam was en EK aan haar dinge meegedeel het wat die mense verstom het. Hulle kon dit nie verstaan nie en het niks van MY verborgenhede begryp nie, want die liefde in hulle harte het gekwyn en hulle oë en ore was gesluit sodat hulle MY waarhede nie kon herken nie.
Deesdae is dit dieselfde geval: Omdat die mense geen liefde meer in hulle oor het nie, het hulle geestelike sintuie in onbruik verval en sal hulle in der ewigheid nooit siende of horende word, tensy hulle liefde opnuut deur goeie dade opgewek en gevoed word nie.
MY kinders, dade van naasteliefde voed die liefde en jy sal meer en meer lus voel om iemand te help en jou hart sal van liefde tot MY brand.
MY kinders, gryp MY woorde van liefde en genade aan en streef daarna om MY te behaag deur jou naaste in liefde by te staan. Wees vurig lief vir MY en julle sal ryklik met MY liefdesgawes oorlaai word.
MY liefde is ‘n bodemlose put en EK nooi julle uit om julle by MY te kom verkwik. MY liefde is die wonder wat jou te beurt geval het. Sing tot MY eer en jy sal genade in MY Oë vind en EK sal jou barmhartig wees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205