DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 8.

Onoorwinlike Debora

2008/02/18 09:07:07 nm

MY geliefde Debora was onoorwinlik omdat sy MY liefgehad het. MY Debora het MY wil gedoen en in MY Naam kragdadig opgetree. MY kinders, julle liefde vir MY maak julle onoorwinlik.

EK vra soms opofferings van julle en julle het die keuse of julle wel wil doen wat EK julle opgelê het. Vir julle wat MY liefhet, sal EK die pad gelyk maak en julle leed versag. EK is altyd naby met MY genesende krag en EK wil julle versterk.

Maak MY julle Krag, soos Debora gemaak het. EK was Debora se krag en sy het niks gedoen sonder om MY te raadpleeg nie. Nooit het sy aan MY krag getwyfel nie en daarom het EK haar ‘n sterk leier gemaak wat respek afgedwing het. Almal moes haar respekteer want sy het MY liefde en krag uitgestraal.

Debora was ‘n besonderse vrou en sy is lank deur die kinders van Israel onthou. Wie sal ‘n deugsame vrou vind, haar waarde is ver bo korale, maar EK sê vir julle , kosbaarder is ‘n vrou wat MY dien en liefhet.

Wees onoorwinlik in MY liefde en deins nie terug vir gevaar of moeilike omstandighede nie, want EK is daar en EK sal krag voorsien. EK is julle krag, neem MY aan en moet MY nie versmaai nie.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205