DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 9.

‘n Lofsang van Debora.

Dinsdag, 19 Februarie 2008 10:06:16

“Kom laat ons ons verlustig

In Hom

Van Wie die soetigheid kom

HY is ons verlustiging

Van SY Hoof drup dou

SY haarlokke is vol nagdruppels

Dit is die Beeld van my Beminde

So het ek hom aanskou


HY is groot

En die aarde sidder van SY mag

Tog laat HY die kleinste graspriet groei

En die druiwe en granate het uitloopsels aan”
 

Staan op!

Staan op, Debora

Hef die strydkreet aan

Jou taak is groot

Verbly jou in MY

Jy sal salig in MY arms rus

Veilig aan die hemelse kus

Met  MY arms om jou heen

EK sal aan jou die krag verleen.


Staan op!

Staan op Debora

Word deur MY Liefde magtig in die stryd

Ja, word magtig, spits jou op MY Liefde toe

Word onoorwinlik in MY.

Amen. Amen. Amen
 

Luister, MY woorde is eg en waar

EK sal jou bewaar

En jou dra deur alle gevaar

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205