DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 10

26 Feb.2008   07:07

 EKSELF sal MY volk uit die nasies gaan haal en EK sal hulle hierheen bring sodat hulle MY verlossingsdade met hulle eie oë kan sien. Die mense van MY ander stamme, sal dan hierheen kom en in vrede saam met julle hier woon. EK ken elkeen se hart en sal net die opregtes van hart hierheen bring sodat MY volk onbesoedel sal bly en daar niks onreins hier sal inkom nie. Dit is ‘n belofte van MY, dat EK julle sal reinig en niks onsuiwers julle ooit weer van MY afvallig sal maak nie. MY kinders moet onbesoedeld en rein bly sodat EK MY GEES hier oor julle kan uitstort en julle met MY krag kan vervul, maar wanneer daar onreinhede in julle land inkom, kan julle nie staande bly nie en daarom sal EK hierdie keer SELF besluit wie hierheen mag kom en wie nie. Anders as in die verlede, sal niemand sy voete hier kan sit en die land so infiltreer, behalwe wanneer EK hulle hierheen bring nie, en dit sal net die reines van oorsee wees. Wees maar net gerus, die vyand sal nie weer met sy ou taktiek slaag nie en selfs die uitlanders sal hulle heeeltemal afsny van hulle mense in die ander lande en hulleself Boere begin noem. Hulle sal niks met die onreinheid van hulle geboortelande te doen wil hê nie omdat hulle MY bo alles sal stel en daarom het julle niks te vrese nie. Hulle sal presies dieselfde as julle wees, maar net hulle taal en tradisies sal verskil en julle kinders sal saam kan speel sonder dat die een groep teen die ander groep opstaan. Die mense van die ander lande sal so gou as moontlik julle taal wil aanleer omdat daar vir hulle nie ‘n mooier taal as die taal van die “uitverkorenes van Die Vader”, soos hulle julle noem, bestaan nie. EK sal hier teenwoordig wees en elkeen sal sy loon van MY Persoonlik ontvang en niemand, nie eers die mense van die ander lande sal afgeskeep word nie. EK sal aan hulle ook grond en lande gee om te bewerk en hulle sal elkeen ‘n huis van MY ontvang, deur MYSELF gebou en daar sal nêrens op aarde ‘n ander huis wees wat gelykstaande sal wees aan julle huise hier nie. Julle sal elkeen deur MY geseën word sodat julle MY hierin sal kan sien. EK sal niemand vergeet nie en selfs die kleinste detail sal nie ontbreek aan dit wat EK vir julle sal gee nie. EK het gisteraand aan MY skryfkneg gewys wat EK vir haar en haar gesin sal gee en sy was oorstelp van vreugde. EK het haar nie eers alles gewys tot in die fynste besonderhede nie, en sy was baie bly. MY kinders, net so sal EK vir julle elkeen gee wat julle hartsbegeerte nog van altyd af was. Dit sê EK met die gedagte dat aardse dinge nie vir een van julle van belang is nie. EK ken julle harte en dit wat julle opgegee het ter wille van MY sal EK weer, en baie beter aan julle teruggee. Al wat EK van julle verlang is die reine liefde vir MY julle Skepper en Vader en dan sal EK alles vir julle gee. Maar die aardse vergoeding wat EK vir julle sal gee, kan nie eers kers vashou by die hemelse vergoeding wat EK vir julle berei het nie en daarom sal EK nou niks vir julle sê daaroor nie, behalwe die volgende, en dit is dat julle nie sal verstaan nie, omdat julle nog te onryp is. Maak daarom vrede met julle deurmekaar omstandighede en vertrou MY en hou vas aan MY beloftes vir julle, en EK sál dit vir julle in vervulling laat gaan. Gee alles aan MY op sodat EK julle kan vergoed met die beste in die hele wêreld want nêrens in die hele wêreld sal daar soortgelyke dinge bestaan nie. Daarom sal die wêreld julle met jaloesie en afguns bejeën. Maar vertrou weereens net op MY wanneer dit met julle rof gaan en weet, EK sal julle nie in daardie posisie los nie, maar julle die dinge skenk wat julle nodig het. Dit sê EK ook aan almal wat hulle huise en luukse dinge opgegee het ter wille van MY en EK wil julle sê dat EK julle swaarkry raaksien en julle meer as dubbeld daarvoor sal beloon.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205