DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 11

26 Feb. 2008  07:26

(Voor ek met hierdie hoofstuk begin het, het Jahshua vir my gesê dat Ons vandag ‘n hoofstuk sal doen wat Ons nog nooit voorheen gedoen het nie, Hy het gesê dit gaan oor die ongeloof. Ek het aan HOM gesê dat HY al baie van die ongeloof aan ons gesê het en HY het MY geantwoord dat dit nog nooit op die manier waarop HY dit vandag sal doen geskied het nie. Toe gee HY my ‘n stok wat HY in SY hande vasgehou het. Dit is ‘n dik swart stok en lyk baie swaar, en Jahshua sê dat ek deur die lug met hom moet slaan. Die stok is toe eintlik so lig dat ek nie met hom geslaan kan kry nie. Jahshua sê dit is die kleingelowigheid. Toe gee HY my ‘n dun stewige lat en sê dat ek die wolk van ongeloof moet slaan. Ek slaan na die donker wolk hier voor my. Die lat slaan baie lekker en die wolk verdwyn baie vinnig.Toe sê Hy dat jy met geloof dinge kan doen maar met kleingelowigheid kan jy niks doen nie. Louise)

 

EK het aan julle almal ‘n mate van geloof gegee waarmee jy gebore word. Dit is die stok wat My skryfkneg in haar hande gehou het, maar die stok is baie lig en kan niks vermag nie. Jy as mens moet daardie bietjie geloof  waarmee jy gebore is, ontwikkel sodat die ongeloof sal verander in die grootste geloof denkbaar. Die grootste geloof, word nie op die skouers gedra soos lapelle dat almal kan sien jy het geloof nie en dit is waarom EK dit voorgestel het as ‘n dun ferm lat wat tog deur alles kan sny. Die stok van ongeloof is egter dik en lyk swaar en elkeen kan sien as iemand kleingelowig is omdat hy vreesagtig sal wees vir alles. Dit is wat EK vir julle wil sê omdat Ek nie wil hê dat julle kleingelowig moet wees nie. MY kinders, julle moet ten volle in MY vertrou sodat julle die dik ligte stok kan verruil vir die dun, maar sterk lat wat die ongeloof sal bestry. Die geloof in MY word ook gebou op die liefde vir MY en wanneer jy nie glo nie, moet jy ernstig gaan kyk of jy MY werklik liefhet. As jy iemand liefhet, sal jy nie in hom ‘n wantroue hê nie behalwe wanneer hy homself al as ontrou bewys het. Maar EK is altyd getrou en sal niemand wat sy hoop op MY sit, vergeet nie en veral wanneer Ek vir julle sekere opdragte gee om te doen, moet julle in volle geloof net vashou aan dit wat EK vir julle gesê het. MY kinders, julle moet los waaraan julle vashou en aan MY kom vasklou en julle sal “nie kan glo “ hoe EK julle sal red en help nie. Baie van julle weet nie of julle die aardse dinge moet los en na MY en MY kinders by MY herberg kom nie omdat julle onseker is oor die toekoms en nie mooi weet of dit nou so sal wees soos wat EK vir julle gesê het nie. Dit bewys ‘n algehele wantroue in MY en julle sal dan later spyt kry dat julle nie gekom het nie. EK sal nooit vir julle lieg nie en sal julle altyd bystaan in alles maar julle moet ten volle op MY vertrou. Wanneer EK vir julle iets sê, sê EK dit met ‘n rede en EK sal nie een van MY kinders wat op MY vertrou, skade laat ly nie. EK sal julle nie aansê om julle aardse dinge te los en julle op MY genade te laat vertrou en julle dan net so in die steek laat nie. Luister na MY oordele en wanneer MY skryfknegte van My ‘n boodskap aan julle bring, moet julle dit glo omdat EK julle nie in die verderf sal stort nie. Glo MY wanneer EK sê dat julle julle van die wêreld en al sy dinge moet onttrek en doen dit, al lyk dit vir jou of jy finansieël skade sal ly. Wat is dit om ‘n bietjie finansieël skade te ly? Dit is niks in vergelyking met dit wat EK vir julle beloof het nie. Gaan nou en los alles en volg MY want jy kan nie ‘n beter keuse maak nie. EK is die Begin en die Einde en niemand kan MY hiet en gebied nie en daarom sal EK die wat hulle by MY skaar, altyd tegemoet kom, al lyk die dinge vir julle baie swart en onoplosbaar. Glo net in My Almagtige hand wat alles vir julle in die volgende sekonde kan herstel.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205